Haasdas se Nuuskas het ons vasgegom gehad voor die TV.
In 1976 het ons ons eerste, splinternuwe TV gekry en ek en my broer, Riaan, kon die wonderwerk in ons sitkamer skaars verteer!
Ons TV-kinderjare is deurweef met wonderlike herinneringe aan jou en later jare toe ons die nuus kon begin waardeer, was jy “terug” in ons tienerlewens.
Jy is voorwaar ‘n legende en dis met hartseer en blydskap gemeng dat ons vannaand totsiens sê. “The fat lady is warming up her vocal cords”...
In Dr Seuss se woorde: “Today is YOUR day. Your mountain is waiting, so.... get on your way”..
Sterkte en geniet elke oomblik!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.