Lank lewe die struggle!
deur Simon Riekert
2010-03-04 07:27
Die struggle is verby – lank lewe die struggle!
Jy sal verskoon word as jy nie hond haaraf kan maak oor een van hierdie twee oproepe nie. Hoekom? Want nie die President of “all the President’s men” weet mooi waar “aan” en “af” is nie, lyk dit my.
Zuma, klaarblyklik nog nie ontslae van die selfbeeld en identiteitskrisis wat hy help skep het nie, kerm op die “Queen” se voorstoep; “Die Engelse dink swart Afrikane is barbaars en minderwaardig”. Dit terwyl die Britse media eintlik verwys na sy broek se gulp wat maar nie kan toebly nie en ten spyte van oproepe uit sy eie kultuur om sy lus vas te knoop.
In plaas van om die internasionale beeld van ‘n staatsman (swart of wit) aan te gryp wat waardighied uitstraal, veg hy trots voort a-la-vryheidsvegter om soos hy sê, sy kultuur te beskerm.
Ek sukkel om te verstaan hoe hy – en die groep wie hy klaarblyklik verteenwoordig – kan bly voortkerm oor die sogenaamde ontkenning van hul tradisionele regte en kultuur.
As dit so is, maak Zuma sy eie party se naam bollie. Onlangs, nadat hy skaapagtig erken het hy het ‘n buite-egtelike kind by Irvin Khoza se dogter, het sy party se indoenas hom bygekom. Selfs Tutu het hom oor sy sedes en waardes aangevat, en almal was swart Afrikane.
Dus Zuma lieg vir homself; dit is nie geoorloof in sy kultuur om soos hy “steeks” te raak nie. Hy is nie net ‘n verleentheid vir wêreld-leierskap nie, maar vir sy eie kultuur wat hy nou voorhou as bedreigd.
Om dus te tjank oor die Britse pers wat hom vasvat oor sy seksuele eskapades onder die dekmantel van ‘n slagoffer van Britse kolonialisme is so goed soos om te huil omdat jy raakgetrap word in ‘n vol kroeg.
Ek sien dit as ‘n desperaatheid om sy regering se groeiende onvermoe om die land se nate vas te hou, te verberg.
Gemeenskappe uit sy eie “ Britse onderdrukte” kultuur gaan nog steeds honger slaap, het nie lopende water nie, gaan nog steeds skool onder ‘n boom en doen huiswerk by ‘n kers – as hulle verkragtings en aanrandings oorleef.
Aan die ander kant vergeet hy dat hy President is van ‘n land wat adverteer dat ons ‘n Afrikaland is met wêreldklas fasisliteite, wat oor 99 dae ‘n internasionale sportskouspel wil aanbied, wat se verpleegsters op strepe na die einste Engeland uitwyk (en die meerderheid van hulle is swart) vir beter salarisse en werksomstandighede.
Intussen is Zuma besig om nie net sy kulturele selfrespek te verloor nie, maar laat hy toe dat lakeie in die gewaad van ‘n “piekanien” (ek praat van Malema), ekonomiese onsekerheid aanblaas, rasseverdeeldheid aanjaag en met reg die vraag van Britse joernaliste staaf; hoekom ontvang Brittanje nog ‘n despoot uit die ou kolonies?
Zuma kruip weg agter sy struggle-skild en skep die beeld dat hy en sulkes, ten spyte van jare se meerderheidsregering, nog altyd minderwaardig geag word.
In werklikheid doen hy wat Mbeki hulle geleer het – as die antwoord moeilik word, speel die ras-kaart.
Vir hom en hulle sal die struggle nooit ophou nie – want die struggle sit in hulle koppe!
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.