Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 8
Artikels gelees: 286
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Kerk moet meer proaktief optree

08 November 2012, 15:17  - Barend

Ek wil graag aansluit by die brief ‘Fokus eerder op misdaad, armoede’.

Die betrokke geval lyk vir my na niks anders as ’n uitbarsting van fundamentalisme nie. Christelike fundamentalisme is geen ongewone ding in Suid-Afrika nie, hoewel die VSA wat getalle en ekstremiteit betref ons natuurlik oortref.

Fundamentalisme spruit, ten minste deels, so het ek al iewers gelees, uit ’n gevoel van ’n identiteitskrisis. Die kerk van Jesus beleef ’n stewige identiteitskrisis in Suid-Afrika tans. Die fondasies van baie mense se geloof is nie meer wat dit eens was nie. Dis maar ’n tipiese proses van aksie en teenreaksie. Daar word maar gesoek na ’n gemeenskaplike vyand, veral daar waar mense hande in die hare sit.

Dit is altyd goed om ’n gemeenskaplike vyand te hê. Vra maar vir die mense daar in die Uniegebou, wie se ‘vyande’ deesdae maar grootliks in eie geledere sit. Of anders gestel, hulle is hul eie grootste vyand.

Vir talle gelowiges is dit om iets te kry in die wêreld om saam teen te ‘veg’. Dit gee aan hulle ’n samehorigheidsgevoel. Dit laat hulle met die gevoel dat hulle geloof ’n spesifieke en kritiese rol in die wêreld het. Hulle is dan daar om die ‘sataniste’ uit te roei.

En vandag is ‘satanisme’ vir baie van hulle sinoniem met die sangeres ‘Lady Gaga’.

Maar die waarheid is dat Lady Gaga maar uiteindelik net nóg ’n popsanger is. Soos menige popsanger bou Gaga haar hele loopbaan op misleiding. Net soos Hollywood. Dit is maar als praktyke wat oor die algemeen menslike kultuur, die vroulike liggaam en seksualiteit stereotipeer. En dit is boonop ’n viering van oppervlakkige kapitalistiese waardes wat die najaag van materiële welvaart en die gevolglike vernietiging van die aarde verromantiseer. Maar hoekom vir Gaga uitsonder?

Want net soos wat ons as Christene maar dikwels selektief is met presies watter ‘waarhede’ ons in die Bybel aanhang, só gaan ons ook maar dikwels lekker selektief om met wie presies ons ‘vyande’ op aarde is.

Sal dit nie beter wees, as ons dan nou regtig so groot probleem met die Gaga vrou het, om dan eerder vir haar te bid in plaas daarvan om van haar te probeer ontslae raak nie?

Ek wil vra of ons, as die kerk van Jesus, kan ons nie selfs begin polities proaktief probeer werk in die wêreld nie? Wat ek daarmee bedoel is, armoede en misdaad, dit is goed en wel. Die kerk doen baie vir armoedeverligting. Baie van dit gaan ongesiens verby, en dis óók goed, want uit die Bybel kry mens die gevoel dat daar van jou verwag word om nederig te wees en bly. Nie die glorie van die wêreld na te jaag nie. En die kerk dóén sy deel van reaktief optree. Maar hoekom praat ons kerke nie oor Nkandla nie? Hoekom praat ons nie oor korrupsie nie?

En ja, hoekom praat ons nie méér oor die verkragtig van ons land se vroue en kinders nie?!

Kerke moet baie meer polities proaktief begin optree in die wêreld. Want dit is ons profetiese rol wat ons moet speel. En dit kan ’n groot verskil maak.

Maar nee, ons baklei eerder oor die Belhar belydenis en oor die ‘sonde’ van ‘herdoop’. En oor gays en wie weet wat nog als.

Ons is soos die mense in die tyd van Jesus wat eerder sit en wonder oor wie gaan die ereplekke kry as die ‘koninkryk’ eendag kom, en dit terwyl die wêreld om ons vergaan en ons sit en niks doen daaraan nie.

Hierdie is een van Barend se jongste blogs.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 33 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 221 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

1 menings 255 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

14 menings 419 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 792 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 827 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.