Inwoners krap kop oor besoedelde water
deur Andries du Preez
2012-01-25 12:30
Nuus24-leser Andries du Preez het skuim in die pad in ’n residensiële gebied ontdek. Hy skryf…
Dié foto’s is op 23 Januarie, ongeveer 20:30, geneem by die brandkraan op die hoek van Bloekom- en Kareestraat in Generaal Alberts Park, Alberton.
Dit wil voorkom of dié en ander brandkrane doelbewus oopgemaak is om die besoedeling uit die huishoudelike waterstelsel te verwyder.
Wat dit veroorsaak het, wat die bron daarvan is, en of dit weer gaan gebeur is nie bekend nie.
Hier is die foto's.


Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.