Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Arno
 
Menings: 3
Artikels gelees: 193
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Grootste probleem bly gehalte van leiers

18 October 2012, 09:01  - Arno

Heelwat is die laaste week of twee gesê oor Suid-Afrika as 'n sogenaamde "mislukte staat".

Dis te verwagte dat mense dié negatiewe uitlatings sal maak na die rits negatiewe gebeure in die land die laaste paar jaar, maar spesifiek die laaste paar maande. Die feit dat stakings die land lamlê (elke jaar erger as die vorige jaar) en die feit dat Suid-Afrika as bestemming vir internasionale beleggers al slegter lyk, is natuurlik die grootste bydraende faktore wat tot hierdie stand van sake bydra.

Maar ek dink 'n mens moet verby hierdie simptome kyk en die wortel van die probleem raaksien. Suid-Afrika se toekoms word nie verongeluk deur stakende werkers, of misdadigers, of swak produksie, of selfs stygende basiese lewenskoste nie. Nee: Al hierdie faktore kan uitgeskakel word met net een ding – en dit is die nodige leierskap.

Suid-Afrika het net een werklike probleem, en dit is die gehalte van sy leiers.

Niemand kan daarmee stry dat Suid-Afrika genoeg hulpbronne het om 'n land van welvaart en groot voorspoed te wees nie. Eintlik kan Suid-Afrika, met sy voordelige hulpbronne en selfs ligging, een van die rykste lande in die wêreld wees. En, glo dit of nie, 'n land se toekoms kan verander word in net twintig of dertig jaar. Soveel ander lande het dit al bewys.

Al wat nodig is, is die regte leiers om ons te help om hierdie natuurlike skatte reg te benut. Wat ons nodig het is leiers wat die kultuur van ontevredenheid en grypsug kan uitwis. Leiers wat mense weer kan leer dat daar net een manier is om ryk te word – en dit is om baie, baie hard te werk.

Waar is hierdie leiers? In die regerende party? Beslis nie. Dit het ons die laaste 20 jaar op die harde manier geleer.

Nee, daardie leiers is onder ons gewone mense. Die gewone eienaar van 'n klein sake-onderneming. Die middelklas-werker. Die ma wat sien hoe haar kinders sukkel. Die sakeman wat weet hoe om sy mense te lei en inspireer.

Wat ons regtig nodig het, is dat mense wat in voeling is met werklikheid, en wat nie die bagasie dra van die regerende party nie, om by die politiek betrokke te raak. Dis hierdie mense wat raadslede moet word, en drukgroepe moet stig, en plaaslike verkiesings wen. Dis hierdie mense wat hulle stem moet dik maak, en wat op grondvlak die gety moet begin draai.

Ek besef dis veel makliker om sulke mooi praatjies te maak as om dit 'n werklikheid te maak. Maar dit is werklik die enigste hoop wat ons het. Dis tyd vir gewone mense om betrokk te raak by staatsorgane, sodat soustrein-politici tot verantwoording geroep kan word. Jy, die gewone man op die straat, kan 'n politieke invloed hê.

Is daar nog mense wat dit besef? Of is dit klaar te laat vir Suid-Afrika?

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 68 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

6 menings 254 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 803 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Stormers se selfgeskepte nagmerri...

Die feit dat Allister Coetzee te versigtig is om harde besluite te neem, kan sy ondergang beteken, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 473 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

5 menings 204 keer gelees
Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

3 menings 807 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.