Nuus24 het lesers gevra of hulle dink vigs sal oor 20 jaar steeds die faktor wees wat dit vandag is.
Hier's wat lesers dink...
• Larry Pip Freeman: “Nee wat, dis soos griep, ons moet dit maar aanvaar en daarmee saamleef!”
• Koos Pieters: “Yip, as ons toelaat dat die onheil voort gaan is Suid-Afrika, geen respek vir mekaar en eerbied aan God.”
• Cecilia de Kock: “Ja, solank as wat mense rondslaap en geen respek het vir die huwelik nie, sal vigs ’n probleem bly. As ons kan terug keer na die Bybelse definisie en standaarde van huwelik, sal vigs oor 20 jaar glad nie meer ’n kwessie wees nie.”
• Berto En Petra Mostert: “Nee - daar is mos nie brieke nie – gratis kondome help nie...”
• Janine Harmse Tempel: “Dit gaan totally erger wees oor 20 jaar want mense het nie meer selfrespek of integriteit nie! Rondneuk is vir party mans en vrouens soos asemhaal!
GESELS SAAM: Dink jy vigs sal oor 20 jaar steeds die faktor wees wat dit vandag is? Laai jou mening hier.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.