Nuus24 het lesers gevra of hulle dink die doodstraf ’n oplossing is vir die land se misdaadprobleem...
Chris: “Natuurlik sal dit wees, daar is geen wette in SA nie en dit is hoekom ek bly is ek is nie meer daar nie!!
Reinette: “Verseker is doodstraf die oplossing! Veral omdat lewenslank glad nie meer lewenslank beteken nie!”
Anoniem: “Ja dit begin noodsaaklik word. Kyk net na al die moorde en verkragtings. Tronkstraf is beslis nie die antwoord nie. Want hulle sit ’n paar jaar dan kry hulle afslag om net ’n week of so daarna weer te moor of iemand te verkrag.”
Berto Petra Mostert: “Nee nie noodwendig nie! Maar hoekom moet ons betaal vir sulke mense se verblyf in tronke? Gee hulle saad, grond, water en bemesting sodat hulle self vir hulle lewensonderhoud in tronke kan sorg. Hulle moet betaal met hulle gratis arbeid in tronke deur meubels, uniforms vir skole en hospitale te maak.”
Rietha Kobus Van Staden: “Ek stem vir doodstraf! Begin by: moord en verkragtig. Dit sal klaar 'n groot verskil maak!!!”
Thea Dixon: “Ek stem vir die doodstraf , verkragters en moordenaars moet die doodstraf kry. Eintlik verdien dwelmhandelaars ook die doodstraf want indirek "vermoor" hulle ook mense!”
Daleen Jonker: “Dit sal miskien nie die land se probleme oplos nie, maar die tronke sal ten minste bietjie leeg raak. Ek sê nie gee doodstraf vir alles nie, maar gee dit vir moord, verkragting, kindermishandeling en ernstige misdade. As die misdadigers weet hulle kan die doodstraf kry vir hulle misdade,dan sal dit hulle dalk bietjie afskrik. Almal wat in die tronk sit kan ook maar begin werk vir hulle verblyf. Laat hulle werk by lykshuise, begraafplase skoonmaak, paaie bou, paaie regmaak.”
Eugene Maasdorp: “Ja... verseker... as jy iemand anders van sy regte kan ontneem, hoekom mag jy REGTE hê?”
Joey Maritz: “Ek is 'n voorstaander van die doodstraf. Ongelukkig voel ek dat ons nie daardie mag in ons huidige regering se hande kan plaas nie. Wat sal van al ons krygsgevangenisse word?”
Chris Norval: “As jy ’n lewe kan neem moet jy joune kan gee, so beslis JA.”
Thinus Lotz: “Vergelyk misdaad statistiek van nou met die van toe die doodstraf nog in plek was, toe kon die kinders nog in die straat speel. As die reg nie die onskuldige help en beskerm nie, dan moet ons maar die gereg in eie hande neem en die varke uitsorteer met n oog vir 'n oog benadering.”
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.