Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Arno
 
Menings: 6
Artikels gelees: 197
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Geen kitsoplossings vir verkragting-vlaag

26 February 2013, 10:54  - Arno

Terwyl die wêreld wag om te sien of die beweerde verkragters van Anene Booysen borgtog sal kry, woed die stryd vir vroueregte oor die wêreld stil voort.

'n Mens hoef nie te veel te sê oor die moord op Anene nie – sy het op 'n brutale, afgryslike manier gesterf, en 'n mens kan jou net indink wat aangegaan het in die gedagtes van haar aanvallers. Dat een mens so iets aan 'n ander wil doen is net ondenkbaar.

In die dae na haar dood was die vae hoop daar dat iets daadwerkliks aan verkragting in Suid-Afrika gedoen sal word, maar intussen het daar nie veel gebeur nie. Dinge gaan net weer aan soos gewoonlik. Die verkragtingstories stroom steeds in sonder einde, en daar is geen keer aan nie.

Hier en daar (ook in ander dele van die wêreld) roep mense uit vir die beskerming van vroue se regte, maar almal weet daar is geen manier om die situasie oornag om te keer nie.

Die rede daarvoor is baie eenvoudig. Verkragting en geweld teen vroue gaan nie sommer verdwyn nie, want dit is nie die gevolg van faktore wat sommer gou verander nie. Verkragting is die gevolg van 'n denkwyse by mans dat vroue daar is om te gebruik; dat hulle inderwaarheid net seksobjekte is wat gebruik en weggegooi kan word.

Dit gaan ook gepaard met 'n gebrek aan basiese menslike empatie en respek vir ander se waardigheid.

'n Mens verander nie daardie stand van sake deur persverklarings uit te reik wat mense vra om op te hou om ander te verkrag nie. Jy vra nie 'n verkragter om op te hou verkrag nie, net soos jy nie 'n reeksmoordenaar vra om op te hou moor nie.

Dit is 'n lang proses van opvoeding wat oor etlike generasies gebeur wat jou leer om ander te respekteer. Jy kan nie daardie soort vaardighede of respek aangeleer word in 'n dag, of 'n maand, of 'n jaar, of selfs 'n dekade nie.

Verkragters word verkragters omdat hulle grootword in 'n omgewing waar vroue (en ander mense oor die algemeen) nie gerespekteer word nie. ‘n Mens verander dit oor ‘n baie lang tydperk, en nie oornag nie.

Dit gaan baie, baie jare duur voor verkragtingsake in ons land verminder, want die sosio-ekonomiese toestande in ons land in die afgelope 50 jaar was perfek vir die vorming van jongmense wat nie respek het vir ander nie. Intussen sal die staatsmasjinerie moet skadebeheer doen deur verkragters baie swaarder te straf, en deur met opvoedingsprogramme te begin.

Belangriker nog: Politici sal moet ophou om hulle eie sakke vol geld te stop, en eerder moet begin werk aan maniere om die sosio-ekonomiese omstandighede in ons land te verander – anders lê daar nog baie, baie jare se hartseer voor.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 208 keer gelees
Gelaai deur
Alicia
‘Ek was amper bokveld toe…’

Haar motor het tot ‘n rukkende stilstand gekom. Toe belsuit sy om die treinspoor te volg en hulp te soek... Lees meer...

0 menings 780 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Moet nie ander afjak

Elke dag is ’n stryd om liggaam en siel bymekaar te hou. So moenie mense afjak, jy weet nie watse paadjie daai persoon moes loop nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 525 keer gelees
Gelaai deur
Sergio Bowkers
‘Wees meer verantwoordelik’

Die lewensgehalte word verhoog en geldsake hou nie by met die vinnig groeiende verhoogde lewensstandaarde, skryf ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

0 menings 186 keer gelees
Gelaai deur
KatrinaO
My keuse

’n Leser wonder hoekom ateïste so maklik en vinnig Christene aanval, verkleineer of verkeerd probeer bewys. Wat het geword van wedersydse respek? Lees meer...

0 menings 828 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor name, vanne, diere en dorpe

Daar skuil báie agter ’n naam. Veral as jy ’n Afrikaner in Engeland is, skryf ’n Nuus24-gebruiker Lees meer...

0 menings 797 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Midrand
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.