GESELS SAAM: 24-uur-porno-kanaal
deur MyNuus24-redakteur
2011-12-05 10:36
'n Nuwe 24-uur-sekskanaal sal vanaf Januarie 2012 op satelliet-televisie beskikbaar wees en Suid-Afrikaanse owerhede kan niks doen om dit te keer nie.
Die kanaal, wat pornografies van aard is en gemik is op heteroseksuele kykers, sal op die Astra 4A-satelliet, dieselfde satelliet wat deur TopTV gebruik word, uitgesaai word.
Die volwasse vermaakkanaal, ook bekend as PSat, wat sy oorsprong in Frankryk het, word van buite Suid-Afrika se jurisdiksie uitgesaai.
Dit laat die Suid-Afrikaanse owerhede met geen sê oor die aangeleentheid nie.
Lees meer hier.
Hoe voel jy oor die beeldsending van pornografiein Suid-Afrika? Deel jou mening by terugvoer@nuus24.com en word gepubliseer op Nuus24.