Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Nico
 
Menings: 0
Artikels gelees: 347
 
 
Jongste kentekens:
 
 

'E-revolusie' is ook lees-revolusie

25 October 2012, 09:20  - Nico

Terwyl die debat oor e-boeke voortwoed, dink ek mense kyk die positiewe aspekte van hierdie verwikkeling heeltemal mis.

Laat ons eers oor die negatiewe praat:

Daar is geen twyfel dat die toekoms bitter donker lyk vir gedrukte boeke nie. Maatskappye wat 'n lewe maak uit die druk en verkoop van boeke op papier veg vir hulle voortbestaan, en dinge sal nie makliker word nie.

Die werklikheid is eenvoudig – boeke sál minder verkoop, en ek is seker daar sal 'n stadium in die toekoms kom wat gedrukte papierboeke eintlik min te sien sal wees.

Met tabletrekenaars wat al hoe goedkoper word, sal daar in die toekoms byvoorbeeld 'n stadium kom wat dit baie meer koste-effektief sal wees om skool- en universiteitshandboeke in elektroniese formaat beskikbaar te stel. Waarom nie? Dis potensieel baie goedkoper en meer doeltreffend.

Geen wonder boekliefhebbers kyk bekommerd toe terwyl hierdie scenario hom afspeel nie. Dis onvermydelik: die boekbedryf sal krimp.

Maar terwyl mense oor dié verwikkeling bekommerd is, dink ek liefhebbers van literatuur mis 'n belangrike punt: Lees is meer gewild as ooit!

Dink daaraan: van die opwindendste ontwikkelings in die tegnologiewêreld die laaste paar jaar het te doen met toestelle wat ons help om te lees. Van iPads tot Kindles, en deesdae die kleiner weergawes van hierdie toestelle, is daar om ons te help om meer te lees. Nie net dit nie – dit help ons ook om beter toegang te kry tot 'n enorme biblioteek literêre werk. Ek het vandag maklike toegang tot meer boeke as waarvan enigiemand ooit tien jaar gelede kon droom!

As hierdie toestelle deel word van ons lewens, en daagliks meer en meer gebruik word, gaan lees as aktiwiteit 'n bitter belangrike deel van ons lewens word. As almal om jou toegang het tot die jongste boeke, inspireer dit jou om ook te lees (selfs mense wat onder gewone omstandighede nie 'n boek sou optel nie).

Met hierdie gewilde toestelle as die middelpunt van tegnologiese ontwikkeling, het maatskappye ook 'n groter motivering as ooit om meer leesmateriaal beskikbaar te stel. Dis in hulle belang dat ons aanhou lees!

Ek dink mense moet 'n bietjie minder bekommerd wees dat boeke gaan "uitsterf", en meer opgewonde raak oor die feit dat lees deel word van ons DNS. Die belangrikheid en waarde van lees is besig om baie toe te neem!


Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

6 menings 443 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 120 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

50 menings 522 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 236 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 238 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

119 menings 2287 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.