Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 20
Artikels gelees: 616
 
 
Jongste kentekens:
 
 

‘Dis nee vir die KP'

30 November 2012, 15:20  - Barend

Die dinge waarmee mense hulleself darem maar mee besig hou...

Die gedagtes. Dis verstommend. Maar dan weer, dan weer is daar diegene wat sal dink om te ‘blog’ is ook maar tydmors. Want so is ons maar dikwels. Ons is almal so, soms. Ons lag in ons moue vir mekaar. Ons vind mekaar vreemd. Dis maar die lewe reken ek. Ons is almal uniek. Dit is net natuurlik dat ons so is.

Ek sien hier op CNN hierdie mense wat, die een na die ander, hulself beroep op hulle ‘Christelike morals en waljoes’ daar in die heilige land van Uganda, waar hulle nou gay mense tronk toe wil stuur, sommer lewenslank, omdat homoseksuele mense glo ‘misdaad’ pleeg. En ek raak so die hel in dat ek kan kook, want ons Christene is ook maar dikwels net die grootste praktisyns van double speak wat daar op aarde is. Want ons kies ons eie reëls. Want uiteindelik besluit ons niks minder nie as self wat presies is ‘sonde’ en wat nie.

In ons kerke sal jy baie mense kry wat geskei is. Hulle dien op kerkrade en gee Sondagskool en staan selfs op kansels. Die Bybel praat hard oor egskeiding. Maar ’n egbreuker is tog te welkom in ons midde. Solank hy tog net nie ’n ‘moffie’ is nie – dan moet hy tog asseblief net weggehou word van ‘die kinders’ af. En baie ander tipe sondaars is ook welkom om sonder voorbehoud in die samelewing te dien, net solank hulle nie gay is nie. Want gay is mos groter tipe sonde as ander tipe sondes sien.

Oei nee regtigwaar. Ons het genoeg politieke partye in hierdie land wat veg vir ons ‘Christelike waardes’ (van onverdraagsaamheid) en die behoud van krismis. En is die karkas van die KP nie in elk geval so aantal jare gelede uiteindelik opgeslurp deur die nuwe, ‘verbeterde’ VF+ nie? Die VF+ wat in die parlement weier om vir ’n gay mens geluk te sê oor ’n kompetisie wat gewen is… Ek dink Treurnicht sou trots kon wees op hulle.

Ai ek hoop ek kan dit tog gespaar bly. Ek sien weer in my geestesoog ’n beswaarde oom wat kla – ja, dit is mos nou so dat die vrou oral moet regeer. Die vrou moet oral bo wees. In die politiek. By die werksplek. Op die kansel en selfs in die slaapkamer. Dis alles tekens van die Nuwe wêreld Orde en die tyd van die antichris.

Wel, ek moet ter versagting sê dat ek glo wel dat dr. Treurnicht en sy tydgenote net goed bedoel het. Hierdie stelling is ook waar van dr. Verwoerd. Dit is maar so dat die ou mensdom dikwels wil gryp na die verlede, en na ‘hoe dit was’, veral in tye van onstabiliteit. Maar ek dink ek begin dalk nou verstaan hoekom ek so vies kan word. Dit is omdat ek bekommerd is.

Uganda is geografies nie ver verwyderd van Suid-Afrika nie. Die vlakke van onverdraagsaamheid in daardie land, sowel as die voorstel dat die KP weer moet herrys, is nie goed vir my gemoed nie.

My voorstel aan kiesers wat die KP weer wil sien sal wees om maar liewer die VF+ te begin steun. Die VF+ is tog uiteindelik maar net die ‘infinite light’ weergawe van die destydse KP. Maar sulke mense moet ook onthou dat dr. Treurnicht (gawe man wat hy was) in sy lewe ook bekend gestaan het as “dr. No”. Want dit was nee! vir die afskaffing van apartheid, nee! vir hervorming, nee! vir gays en nee!, nee!, nee! vir deelname aan die ‘nuwe Suid-Afrika’. In kort, nee! vir verandering.

So, as die KP ooit herrys en deelneem aan die huidige Suid-Afrikaanse politieke bestel, dan sal dit teen die grein in van hulle eie beleid van ‘NEE!’. En dit sal ’n totale paradoks wees aangesien die naam ‘konserwatief’ daarop dui dat hulle graag die waardes van jare verby sal wil behou.

- Hierdie is een van Barend se jongste blogs.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
Stormers se selfgeskepte nagmerri...

Die feit dat Allister Coetzee te versigtig is om harde besluite te neem, kan sy ondergang beteken, skryf ’n leser. Lees meer...

1 menings 157 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

3 menings 124 keer gelees
Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

3 menings 597 keer gelees
Gelaai deur
Bets Kotze
Sinnelose advertensie

’n Advertensie oor ID-sekerheid is net ’n mors van belastingbetalers se geld, skryf ’n Nuus24-gebruiker. Lees meer...

4 menings 624 keer gelees
Gelaai deur
Vlaminqk
Die gelykenis van Elfrieda en die...

Elfrieda het ‘n vonk in hierdie boer se hart laat ontvlam, maar as haar pragtige liefdevolle hart maar net nie so ruim was nie... Lees meer...

4 menings 823 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om tegnies gestremd te wees...

Luister wanneer jou vrou praat en jou net wil help, jy sal baie geldjies spaar, skryf ’n Nuus24-leser. Lees meer...

5 menings 660 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.