Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 0
Artikels gelees: 244
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Die wêreld is ’n vreemde plek

22 November 2012, 15:16  - Barend

Die wêreld is ’n vreemde plek. Regtigwaar.

Dit is vreemd hier op planeet aarde. En ek gaan nie eens ingaan op die fisika agter ons bestaan nie. Ek weet net eenvoudig te min van sulke dinge. Ek is te ‘dom’ om daaroor te skryf.

Die misterieuse wêreld van kwantumfisika. Die manier hoe reëls verander. Van een plek na die volgende. Ons elementêre begrippe waarmee ons die aarde geografies beskryf, na gelang van ons behoefte en bepaalde uitsigpunt. Hier by ons is daar ’n ding soos ‘bo’ en ’n ding soos ‘onder’, en daar is ‘Oos’ en ‘Wes’.

Maar in die uitspansel bestaan daar nie ’n bo of onder nie. Daar is nie regtig rigting nie, soos ek verstaan. Die punt wat ek maak is dat ons basiese geografiese konsepte geld nie in die ‘hemel’ nie.

Dit is soos om Afrikaans te gaan probeer praat in, sê Frankryk.

Ek het die anderdag so ’n lekker gesprek gehad met die een man. Dit was heerlik om met hierdie mens te kon gesels oor Suid-Afrika en sy ervaringe en wat nog. Hy was onlangs in die Kaap toe die geweld uitgebreek het en ek het so baie dinge by hom geleer al.

Maar wat my veral opgeval het is dat ’n mens sigbaar die vrees aan sy ingesteldheid kon waarneem. Op ’n stadium tydens ons geselsie, toe beweeg daar ’n tipe pantservoertuig van die polisie verby ons. En dadelik was hy vreesbevange. Hy het my vertel dat hy nooit tydens sy verblyf in Suid-Afrika die area waar hy bly te voet verlaat het nie. Hy was net eenvoudig te bang.

En laat ek net sê, ek het die grootste begrip hiervoor. Ek verstaan baie goed hoekom hy as’t ware oorversigtig is. Ek meen, ek word dan sélf soms bang as ek op straat loop. ’n Mens kan nie bekostig om nié versigtig te wees in hierdie land nie. Ons wat burgers van hierdie land is, is maar self dikwels versigtig. Mens sal onverantwoordelik wees as jy nie is nie! Maar nou, vir dit wat jy dalk nou al ’n wyle antisipeer, die ‘maar’.

Maar...

Hier in my omgewing het ek al gesien, hier was ’n vrou van die Ooste iewers af. Sy was ’n kort, klein vroutjie wat na ’n klompie weke baie meer Soetoe kon praat as ek wat al my lewe in hierdie land bly. En sy het geloop net waar sy wou.

En so weet ek ook van so ’n Duitse dame. ’n Klein, fyn vroutjie. Beeldskoon, en blond, soos wat Duitse vroue mos dikwels is. ’n Mens sou dink dat ’n aantreklike vrou soos sy, wat boonop nie eens kan Afrikaans praat of verstaan nie (die enigste landstaal van Suid-Afrika wat sy magtig was is Engels, en dit is nie eens haar eie eerste taal nie), ’n mens sou dink dat iemand soos daai amper paranoïes sal wees. Ek meen, dit is Suid-Afrika waarvan ons praat! Stap in ’n boekwinkel in en jy sien stapels boeke oor die wandade wat die mans van hierdie land aan vroue doen.

Dit is in die koerante. Dit is in die misdaadstatistiek. Dit is in ons gewetens en in ons gemeenskappe se trane en se stukkend wees. Dit is oral.

Maar wat doen sy? Sy loop net waar sy wil. En sy gesels met mense oral waar sy kom.

Nou wil ek net weer herhaal wat ek reeds gesê het, en dit is dat ek kritiseer nie mense wat wel versigtig is nie. Dit is goed dat mense versigtig is. Dit is méér as goed. Dit is BELANGRIK dat mense versigtig is.

Al wat ek sê is dit is darem maar vreemd hoe mense verskil is dit nie?

Ek meen, dit is nie asof hierdie dame dom is nie. Die Duitsers is nie juis bekend vir lae intelligensie nie.

Al wat ek weet is dat, die wêreld is ’n vreemde plek. En ek weet ook ek is reg as ek so sê.

- Hierdie is ’n uittreksel uit een van Barend se jongste blogs.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 89 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

7 menings 297 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 290 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 455 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 830 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 842 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.