Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 1
Artikels gelees: 128
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Die rol van afrigters

02 October 2012, 12:00  - Barend

Word afrigters se rol nie oorskat nie?

Dis maar wat in my gemoed kom lê het na hierdie naweek se sport. Ek meen, uiteindelik is dit die mense óp die veld wat die punte moet gaan aanteken. Ek meen, ek kon nie juis opmerk dat Heyneke Meyer anders geskree het op die instrumentjie in sy hande as die ander kere nie. En tog was die uitslag so anders.

Ek kyk eintlik min rugby. Saterdag het ek besluit niks gaan my weghou nie. Ek móét kyk. En die Bokke het ons almal groot geskuld en hulle het daai skuld vereffen. Dit was lekker.

Was ook interessant om te sien hoe daar geskerm word. Sommige van die Bokke het na die wedstryd verdedig soos hulle teen die All Blacks nie kon nie. Hulle het vir Morné Steyn verdedig natuurlik. “Goosen kry g’n lof” – só het die Rapport dit uitbasuin.

Ek weet eintlik min van rugby. Maar ek het my vermoedens. En my heel grootste vermoede is dat die rol wat die jong losskakel op die uitslag gehad het nie onderskat moet word nie.

Dit sit nie in enige mens se broek om ’n goeie losskakel te wees nie. Eintlik is hulle raar. Jy kry daai losskakels wat bekend is vir hulle skopvoete. Steyn is een van hulle, hy’s net nie op vorm nie.

Maar dan kry jy losskakels wat die spel kan lees. Hulle kan vinnig planne maak, na aanleiding van die prentjie wat hulle sien, en dit dan ook implementeer. Dit lê alles in die balverspreiding.

Natuurlik moet die perd darem ook kan skop. Want dis die losskakel wat die balle moet wegkry van die eie gebied af, veral by die eerste fase, maar ook by meeste ander fases is dit die rol wat hy moet kan vervul.

En stelskopwerk kan ’n ontsaglike verskil maak. Want as die balle heeltyd verby die pale seil en nie tussen die goet deur nie, dan verloor jy nie nét punte nie, maar dit breek ook die span se moraal af. Want dan is die harde werk om in die opposisie se gebied te kom pure verniet gewees.

Die Bokke was briljant gewees Saterdag, en regtigwaar, ek twyfel of hulle presies só briljant sou kon wees indien Steyn weer die losskakel sou wees. Ek wonder maar net.

Maar ek wonder stééds oor hierdie hele afrigter storie...

‘We have a good team’ – dít was die kaptein van die Proteas, AB de Villiers, se woorde na afloop van hulle deurslaggewende nederlaag teen Australië in die T20-wêreldbeker. Ja, hulle ís goed.

In sport is dit tog so dikwels so. As die span swak vaar, dan word die afrigter gepos. Ek vermoed die rede hiervoor lê hoofsaaklik opgesluit in die feit dat wanneer die afrigters gepos word, dan skep dit ’n illusie by mense. Dit lyk na iets sígbaars wat gedoen word. Pos net die coach. Dit móét tog die coach wees wat maak dat hulle so sukkel. Wat anders?

En nou sit die Proteas daar, met hulle afrigter wat al die wêreldbeker kon wen, maar tog verloor hulle weer.

Die arme arme Proteas.

Ek weet nie, hierdie dinge van afrigters. Ek weet nie. Dit verwar my net. Ek meen, die Bokke het na ’n totale ander span gelyk Saterdag. Is dit Meyer wat hulle afgerig het tot dáárdie ‘nuwe’ span. Of was dit Goosen wat ’n gevaarliker losskakel as Steyn is?

En die Proteas. Was dit Gary Kirsten wat nou oornag ’n onbekwame afrigter geword het? Of was dit die spelers wat misluk het?

- Hierdie skrywe is een van Barend van der Merwe se jongste inskrywings op sy blog.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 67 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

6 menings 252 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 802 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Stormers se selfgeskepte nagmerri...

Die feit dat Allister Coetzee te versigtig is om harde besluite te neem, kan sy ondergang beteken, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 471 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

5 menings 204 keer gelees
Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

3 menings 807 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Overborder Manager

Durban
Communicate Cape Town IT
Market Related

Overborder Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.