Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 10
Artikels gelees: 710
 
 
Jongste kentekens:
 
 

‘Die mens is onverdraagsaam’

06 December 2012, 12:29  - Barend

Ek het Dinsdag tog te lekker gelees op die wêreld wye web. Dit was vir my ’n verrykende dag.

Ek dink dit is maar grootliks weens sommige menings wat ek geneig is om te huldig. My support systems is geneig om inmekaar te tuimel. Daarom vul ek my lewe met woorde. Woorde woorde en nogmaals woorde. Dit is die wonderlikste voorreg om te kan lees en skryf. Ek dink nie alle mense besef die groot voorreg wat ons het om te kan lees en skryf nie.

Vir my was dit interessant om die kommentare te lees op hierdie een berig oor Orania. Dit is absoluut totaal en al verstommend presies hoe onkundig mense tog oor mekaar kan wees. Gewoonlik steur ek my nie aan die kommentare van die mense nie. Soms is dit snaaks, maar dikwels niksseggend en onverdraagsaam. ’n Mens moet in elk geval versigtig wees om die hele mensdom te gaan staan en tipeer op die dinge wat enkele mense met skuilname op ’n nuuswebwerf skryf.

Dit is nie ’n staatsgeheim dat talle mense die net misbruik om bietjie stoom af te blaas nie. Omdat hulle eintlik koeverte rassiste is. En omdat hulle gedrag eintlik nêrens meer geduld word nie. En omdat dit lank is tussen naweke wanneer hulle weer bietjie by hulle rassistiese vriende kan gaan braai en hulself kan uitleef.

Maar dit is tog vir my jammer dat daar NOGSTEEDS, na so baie jare, so baie wanpersepsies rondom Orania bestaan. Dit is ’n ding wat mens, lyk dit my, reg oor die rasse en klassespektrum kry. Dit is asof daar mense onder ons is wat wil glo dat Orania nog die heel laaste buitepos is waar ’n klein groepie bittereinders uithou teen die ‘nuwe’ Suid-Afrika en waar ‘apartheid’ nog seëvier. En vir die een klomp is die gedagte natuurlik wonderlik en vir die ander klomp is die gedagte afskuwelik. Die een klomp dink dit is mense daai wat nie nonsens vat van ‘die ander mense’ nie. Vir die ander klomp is dit mense daai wat ‘terugverlang na apartheid’, en dat die Boshoffs eintlik niks minder nie as vergelykbaar met Hitler is en nie vertrou moet word nie.

Maar dit alles getuig maar net hoe min ons van mekaar weet. Dit is als so belaglik soos wat jy menslik moontlik kan kry. Die feit is, baie mense lees te min. En die hele ding sluit ook so mooi aan by Hannes du Preez se skrywe.

Ek dink Hannes voer ’n verlore stryd, maar dit bly ’n belangrike stryd. Die mens is nou maar eenmaal onverdraagsaam, maar ek het die grootste waardering vir wat Hannes probeer doen. Daar is so baie onverdraagsaamheid daarbuite. Dit maak my oneindig seer as my mede Christene op straat rondloop en dinge sê soos dat Hindoes ‘sataniste’ is en dat Moslems ‘mos daai mense is wat vir moeder Maria in plaas van Jesus aanbid’. Nie een Moslem wat ek geken het in my lewe het ek al so hoor praat oor ’n ander se geloof nie. Maar so is ons maar. Gee ’n mens ’n magsposisie en hy raak totaal blind.

Dit is hoekom ek so lief is vir die Bybel. Kyk maar net wat koning Dawid gedoen het. Hy het mag gehad en hy het dit misbruik om sy seksuele begeertes te bevredig. So blind het sy mag hom gemaak dat hy nie gehuiwer het om ’n onskuldige man dood te maak nie. Die magtige koning Dawid – ’n moordenaar.

Oor Johan Swarts se stuk wil ek ook ietsie sê. Ek stem saam met sommige van die mense wat kommentaar gelewer het dat die saak al ietwat holrug gery is. En tog dink ek dit bly belangrik. Die punt hier is nie dat mense hulleself ‘oorvreet’ nie. Die punt is ook nie eintlik dat Kersfees eintlik geen ‘Christen’ fees is nie. Dit weet baie mense. Die punt is dat dit als misleiding is. Kersfees is die grootste bewys van hoe ons as gelowiges die een ding sê en presies die ander ding gaan doen. En ek dink die heel hartseerste dag sal wees as niemand meer iets oor die saak sê nie. As almal maar net stilbly.

Ek meen, dit is tog so bitter ironies, soos die een mens skryf, dat, daar lê Jesus, in eenvoud. Die Koning van die Christendom in ’n krip. Tussen die stinkende plaasdiere. In armoede en eenvoud lê die Koning daar. En wat doen Sy volgelinge?

Hierdie is een van Barend se jongste blogs.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

0 menings 138 keer gelees
Gelaai deur
Bets Kotze
Sinnelose advertensie

’n Advertensie oor ID-sekerheid is net ’n mors van belastingbetalers se geld, skryf ’n Nuus24-gebruiker. Lees meer...

0 menings 458 keer gelees
Gelaai deur
Vlaminqk
Die gelykenis van Elfrieda en die...

Elfrieda het ‘n vonk in hierdie boer se hart laat ontvlam, maar as haar pragtige liefdevolle hart maar net nie so ruim was nie... Lees meer...

0 menings 711 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om tegnies gestremd te wees...

Luister wanneer jou vrou praat en jou net wil help, jy sal baie geldjies spaar, skryf ’n Nuus24-leser. Lees meer...

0 menings 613 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 625 keer gelees
Gelaai deur
Alicia
‘Ek was amper bokveld toe…’

Haar motor het tot ‘n rukkende stilstand gekom. Toe belsuit sy om die treinspoor te volg en hulp te soek... Lees meer...

0 menings 1408 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.