Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 2
Artikels gelees: 219
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Die lewe is ’n gelukskoot

29 October 2012, 12:19  - Barend

As daar een ding is wat ek geleer het van die afgelope twee jaar se Curriebeker-finale, dan is dit dat die lewe maar uiteindelik ‘n gelukskoot is.

Hoe naby het die die Leeus nie aan ‘n oorwinnig oor die WP gekom verlede naweek nie? En wat gebeur toe? Nes verlede jaar sit amper die hele land terug en sê, daar is geen manier waarop die Haaie hierdie jaar die beker gaan verloor nie.

Kyk, hulle het net te veel ‘Springbokke’. Hulle voorspelers is net eenvoudig te goed. Die WP staan nie eintlik ‘n kans teen die magtige Sharks nie...

So erg was dit, ek het nie eens die moeite gedoen en gekyk nie. Wie wil tog nou so ‘n ‘eenrigtingverkeer’ storie sit kyk soos wat ‘die mense’ voorspel?

Nou wonder ek vandag so in my stilte, wat presies moet ek dan nou van die ‘Springbokke’ dink die volgende keer as hulle op die veld draf? Gaan daardie 22-tal WAARLIK die heel heel beste van my land verteenwoordig? Of is dit maar die wat gelukkig is wat die paal haal? Daardie mense wat toevallig die keurders se gunstellinge is? En nie noodwendig die bestes is nie?

Die lewe is ‘n dobbelspel. Jy word gebore en as jy gelukkig is, dan kry jy ouers wat vir jou leer dat kos ‘n skaars ding is wat nie gemors moet word nie.

Jy speel rugby met die hoop dat die keurder(s) waarlik die HEEL HEEL bestes sal kies. Nie op grond van wie hulle meer van hou nie. Maar die bestes.

Jy neem ‘n myn oor en jy hoop en bid dat die mense wat die minerale uit die grond uithaal tevrede daarmee sal wees om net-net te kan oorleef.

Jy regeer ‘n land en jy hoop dat die mense van daardie land tevrede gehou sal kan word met welsynstoelaes in plaas van werksgeleenthede.

Jy kry miskien ‘n kind en as jy gelukkig is dan leer daardie kind by jou dat dit afskuwelik is om kos te mors...

As jy gelukkig is.

As jy gelukkig is dan doen jy iets met jou lewe wat vir jou uiteindelik ‘sinvol’ was. As jy boonop finansieel welaf in die proses kan word dan is jy buitengewoon geseënd. Maar mense wat WAARLIK hemel op aarde beleef is daardie mense wat aanvaar word en liefgehê word NET vir wat hulle is, selfs al is hulle nou nie juis belangrik of ryk nie. Geseënd is sulke mense...

Ek wil sover gaan en sê dat geluk speel ‘n enorme rol in ons geluk. En dinge kan in sekondes verander. Wat jy vandag het is tydelik.

Jy kan die eendag nog in die sewende hemel wees, omring deur mense wat jy kan liefhê en mense wat JOU liefhet. En die volgende dag? Dan bly daar niks van oor nie. Net die herinnering.

Jy kan die een dag voel dat daar vir jou ook ‘n rol is op aarde. Dat jy ook ‘n plekkie in die Skepper se sonlig het.

En dan, nie lank daarna nie, dan bly daar vir jou niks oor nie. Dan voel dit vir jou jy het geen rol meer nie. Jy is opsy geskuif en uitgedien – ‘n “has-been”, soos mense so dikwels na mekaar verwys.

Ek het hierdie een kennis, hy is al baie jare ‘n groot WP-ondersteuner, maar soos ons weet, dis nou al 11 jaar, en ek hoor die afgelope tyd hoe die WP-mense se nee ‘die WP skuld my groot’. Daarom, net die volgende – Tertius Fourie, baie geluk met jou span. Ek het sommer dadelik aan jou en al die ander ‘WP-mense’ wat ek van weet gedink toe ek daardie laaste minute sien. Julle toewyding is uiteindelik weer vir ‘n slaggie bietjie beloon.

Ons ‘Cheetah-mense’ ken die gevoel goed om beloon te word na baie jare se teleurstellende vertonings en ten minste is WP vanjaar weer Westelike Provinsie en nie ‘Weer Pretoria’ nie.

Ek wil graag ‘n voorstel maak. Kan ons dalk volgende jaar, as die Haaie dalk weer die finaal haal (met die klem op DALK), kan ons probeer om nie sommer net aan te neem hulle SAL die beker wen nie, veral nie omdat hulle ‘die meeste Springbokke’ het nie?

- Hierdie is ’n uittreksel uit Barend se jongste blog. Lees meer hier.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 347 keer gelees
Gelaai deur
Alicia
‘Ek was amper bokveld toe…’

Haar motor het tot ‘n rukkende stilstand gekom. Toe belsuit sy om die treinspoor te volg en hulp te soek... Lees meer...

0 menings 1023 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Moet nie ander afjak

Elke dag is ’n stryd om liggaam en siel bymekaar te hou. So moenie mense afjak, jy weet nie watse paadjie daai persoon moes loop nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 597 keer gelees
Gelaai deur
Sergio Bowkers
‘Wees meer verantwoordelik’

Die lewensgehalte word verhoog en geldsake hou nie by met die vinnig groeiende verhoogde lewensstandaarde, skryf ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

0 menings 197 keer gelees
Gelaai deur
KatrinaO
My keuse

’n Leser wonder hoekom ateïste so maklik en vinnig Christene aanval, verkleineer of verkeerd probeer bewys. Wat het geword van wedersydse respek? Lees meer...

0 menings 928 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor name, vanne, diere en dorpe

Daar skuil báie agter ’n naam. Veral as jy ’n Afrikaner in Engeland is, skryf ’n Nuus24-gebruiker Lees meer...

0 menings 868 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.