Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 1
Artikels gelees: 245
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Misdaad al 'eg-Suid-Afrikaans'

15 October 2012, 12:31  - Barend

Net gister sien ek die film ’n Saak van geloof op ’n televisie. Ek sukkel om te verstaan hoe mense ’n hele film maak met die sangeres Riana Nel wat een van die rolle vertolk, en dan sing sy nie eens ’n ou liedjie nie. Nie eens ’n ou enetjie nie.

Die storielyn van ’n Saak van geloof het my nie erg beïndruk nie. Maar die Karoo het ’n manier om my asem weg te slaan. Dis ’n plek wat, soos Coenie de Villiers sing, “nog rou is, wat ’n mens nog in kan glo”. En dit is vir my opmerklik dat verskeie films al in die Karoo verfilm is. Daar was daai een, wat was die naam, Jakalsdans (?), as ek reg onthou. En dan was daar ’n Saak van geloof. En nou is daar Stilte.

Eintlik is dit ook geen verrassing dat so baie films in die Karoo gemaak word nie. Ek meen, hoeveel liedere word nie oor die Karoo gesing nie? Hoeveel gedigte is daar nie al oor die streek geskryf nie? Ek neem aan verskeie skilderye is óók al van dié landskap gemaak. Dit is nou maar net so. Ek dink dit is daardie barheid. Daardie vaal omgewing. Die klippe en die niks. In só plek word enige mooi ietsie geaksentueer, en omdat die omgewing eintlik maar vaal is sien jy verál die mooi in mense net soveel makliker raak. Jy sien die mooi wat jy mis in die wêreld dáár in die harte van mense.

Misdaad. Ek wonder altyd hoekom skrywers nie méér dikwels van misdaad gebruik maak in storielyne nie. Veral in ’n land soos ons land. Ek weet so min van Stilte, ek wonder skielik of dit dalk gebaseer is op ware gebeure, want ek het daai kritiese begin gemis waar dié tipe van ding gewoonlik teatraal aangekondig word.

Ons land word gevange gehou deur geweldsmisdaad terwyl die politici net breed glimlag en agter hulle lyfwagte staan en verklaar dat Suid-Afrika baie veilig is. En in Stilte speel die trauma van geweldsmisdaad ’n sentrale rol in die verhaal. In daardie opsig word dit so ’n ég Suid-Afrikaanse ding. Jy kry die gevoel van dit wat jy eintlik maar elke dag vuisvoos en lusteloos in die koerant van lees. Baie dramaties. Die toneel waar die hoofkarakter in die klaskamer vertel van haar laaste herinneringe aan wat eens haar ma was . . .

Soos in enige knap drama is dit uiteindelik ’n kwessie van identiteit wat onder druk kom. Vir ‘Antoinette’ het die skynbare verlies aan haar stem haar in ’n enorme identiteitskrisis gedompel. Maar dis soos die spreekwoord sê: stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond. En gou word dit duidelik dat daar meer aan haar eie groot anders maak is as wat mens verwag het.

Dis ’n heel menslike verhaal hierdie Stilte. Ek glo dit sal moontlik wees vir mense, selfs ongelowige mense, om dit te kan geniet. Want ek dink tog dit skets iets soortgelyks van wat mense dikwels deurmaak in hierdie land. Hoe hulle die lewe probeer hanteerbaar maak. Ek het dit waarlik heel stimulerend gevind om te kyk. Daar is boonop baie mooi musiek, wat bestaan uit die soet stem van Nianell. Angelique Pretorius vertolk self ’n aantal liedere. Sy is nie in Nianell se liga nie, that much is obvious, soos die Engelsman sou sê. Maar haar vertolking van ‘Antoinette’ is wat my betref redelik oortuigend.

Die res van die akteurs doen wat my betref ook nie juis skade aan die produksie nie. Dit kom uiteindelik, so glo ek, grootliks neer op die teks. Die teks kan van wat gewoonlik ’n briljante akteur is ’n onder gemiddelde een maak, en anders om, natuurlik. En dit vat nie ’n ingewikkelde storie nie. Stilte is regtig baie eenvoudig. Dit lyk vir my of die manier hoe ’n teks gestruktureer word ’n kernelement van die sukses uitmaak. Die storie is uiteindelik amper net bysaak.

Met dié dinge in gedagte wil ek my indruk oor die film Stilte dan in een enkele sin probeer saamvat, en daarmee volstaan:

It’s one, small, step for Afrikaans theatre, one, giant leap, for Angelique.

- Hierdie is uittreksel uit een van Barend se jongste blogs.  

GESELS SAAM: Het jy dié film gekyk? Wat het jy daarvan gedink? Laa jou mening hier.

 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

3 menings 152 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Stormers se selfgeskepte nagmerri...

Die feit dat Allister Coetzee te versigtig is om harde besluite te neem, kan sy ondergang beteken, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 289 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

4 menings 156 keer gelees
Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

3 menings 691 keer gelees
Gelaai deur
Bets Kotze
Sinnelose advertensie

’n Advertensie oor ID-sekerheid is net ’n mors van belastingbetalers se geld, skryf ’n Nuus24-gebruiker. Lees meer...

4 menings 653 keer gelees
Gelaai deur
Vlaminqk
Die gelykenis van Elfrieda en die...

Elfrieda het ‘n vonk in hierdie boer se hart laat ontvlam, maar as haar pragtige liefdevolle hart maar net nie so ruim was nie... Lees meer...

5 menings 854 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Entry Clerk

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Clearing & Forwarding Sales Executive

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.