Vanaf 19 tot 22 Maart 2012 het die inwoners van Ratanda (Heidelberg) in opstand gekom teen swak dienslewering deur die Lesedi- plaaslike munisipaliteit.
Dit is nou bekend gemaak dat die totale skade op R15 692 753 beraam word, wat natuurlik vir my ‘n uitstekende getuigskrif van Afrika-demokrasie is!
Nou waarom dan Afrika-demokrasie? Verlede jaar (2011), bykans ‘n maand voor die munisipale verkiesings het dieselfde inwoners ook in opstand gekom teen swak dienslewering. Die breek en omkeer het sporadies voortgeduur, tot met verkiesingsdag toe almal klippe en stokke neergesit, en ewe kordaat gaan stem het.
Nou, in die demokrasie wat algemeen van toepassing is in die wêreld, sou enige regdenkende mens verwag dat die ontevrede mense dié verkiesing sou gebruik om die patetiese raadslede uit te stem. Maar wat het gebeur?
Dieselfde party se mense teen wie hulle gebreek en omgekeer het, is ewe flink weer gekies – nog saam met hulle tot laatnag gefuif oor ‘n klinkende oorwinning. En die volgende dag, ten spyte van lekker babbelas, is die klippe en stokke weer opgeneem, teen dieselfde mense waarmee hul gisteraand nog partytjie gehou het.
Dit is eintlik hartseer. Die uiteinde van die saak was dat niks van niks gekom het.
‘n Jaar later het een of ander wyse inwoner seker besef dat daar dadels gekom het van laas jaar se gebreek en omkeer. Weereens is die klippe en stokke opgeneem in ‘n nuwe geweldsorgie – meer as R15 miljoen se skade.
Die ironie is, dat benewens die swak geriewe en dienslewering wat nie op standard was nie, het hulle die bietjie geriewe wat wel iets beteken het (soos die biblioteek), ook nog gaan staan en vernietig. Een van die "kamstige" verskonings van die plaaslike munisipaliteit tydens verlede jaar se breek en omkeer was die gebrek aan voldoende fondse. En nou, wie gaan hoes vir die R15 miljoen?
Ek glo nie hierdie breek-en-omkeer-brigade weet dat dit nou nog langer gaan vat om dienste en geriewe weer op standaard te bring nie. Maar lyk my hulle sal rustig aangaan en volgende jaar weer in Maart/ April sal die een of ander wyse inwoner besef niks is gedoen nie, en sal hulle maar weer stokke en klippe opneem en Afrika-demokrasie op sy beste toepas!
Blaas ‘n volk se siel met so ‘n demokratiese stelsel!
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.