‘Daar's plek vir Afrikaans flieks’
deur Marin Barwise
2011-12-09 07:59
Platteland, die nuutste Afrikaanse musiek film van Sean Else en Deon Opperman het reeds in die eerste naweek wat dit begin wys het, alle rekords oorskry het.
Elke kyker het na die fliek gaan kyk met alreeds 'n verwagting in gedagte. Meeste mans het dit gaan kyk omdat hul vrouens hul omgepraat het en elke vrou het hul gunstelling sanger gaan kyk, van Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Jay du Plessis, Vaughan Gardiner, Lianie May en ook Isak Davel en Karlien van Jaarsveld.
Die fliek begin in Riana (Lianie) se huis waar mens gou haar waardes en begeertes leer ken. Sy bid en vra terloops vir 'n liefde in haar lewe, "slegs as dit U wil is Here".
Sy moet 'n lening kry by die bank om hul familie plaas te red. Daar in die bank is dit tipies plattelandse mense, met 'n loop op hul gerig is almal nog kennisse en vriende wat verneem hoe dit met ma en almal tuis gaan.
Dan kom die diktator, Mike Ferreira (Steve) wat die dorp as sy peroonlike eiendom toe geëien het in en word as die dorp se hero afgemaak.
Al sy geraamtes val egter uit die kas as die swerwer, Dirk Pretorius (Bok) 'n voorman pos aanvaar en saam met Riana (Lianie) die ware Mike Ferreira aan die kaak stel.
Mike se familie gaan deur emosies en spat uit mekaar as pa uitgewys word vir wie en wat hy werklik is.
'n Fratsongeluk verander egter alles en soos 'n sprokie verhaal se einde loop die held en heldin saam die toekoms in.
Al die sangers het hul uitstekend van hul taak gekwyt en soos ware gesoute akteurs hul rolle oortuigend vertolk. Die fliek Platteland het dus in sy doel geslaag en as daar nog twyfel was of daar 'n plek vir Afrikaans en Afrikaanse flieks is, is dit 'n duidelik bewys daar is...
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.