Dr Neville Alexander

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Daar ís plek vir Afrikaans

deur Dr Neville Alexander
2010-08-31 13:57

Die onderstaande bydrae oor Afrikaans as onderrigtaal is 'n uittreksel uit 'n referaat deur Dr Neville Alexander. Die teks van die referaat is aan ons gestuur deur Dr Christo van der Rheede.

"Die vermetelheid en onkunde van baie Engelssprekendes in Suid-Afrika en van nie-Engelssprekendes wat hulle soos skape volg, wanneer hulle beweer dat daar geen intrinsieke waarde in moedertaalonderrig steek nie, is verstommend.

Dit is asof hulle self nie al die voordele van moedertaalonderrig in die magtigste taal ter wêreld geniet nie.

Dit is ’n feit dat baie van hierdie mense daarop aandring dat dit nie net goedkoper sou wees nie, maar ook doeltreffender om Suid-Afrika se kinders wat ’n inheemse Afrikataal as moedertaal praat, in Engels te onderrig – ’n staaltjie wat as een van die brutaalste drogstories van die 20ste eeu moet geld. Veral as ’n mens na die verskriklike mislukking van dekades se Engels-mediumonderrig in ons skole kyk.

Dit is ’n beleid en ’n praktyk waarvan die bankrotskap direk uit die droewige statistiek afgelees kan word. Hierdie dames en here, veral die akademici onder hulle, weet net so goed soos almal van ons, dat die moedertaal die basis van alle onderwys in die meeste lande in die wêreld is, juis omdat dit effektiewe onderrig vir die meeste kinders voorsien. 

Slegs in Afrika, as gevolg van kolonialisme, is dit nie die geval nie.
 
Aan hierdie adres moet ons die duidelike boodskap stuur: Ons gaan die mense wat weens die ekonomiese mag en ideologiese hegemonie van die Engelse taal nog altyd om die bos gelei word d.m.v, onder andere, die wetenskaplike insigte van die pedagogie en die psigologie oorreed om te aanvaar dat 'n kind 'n tweede taal vinniger en beter aanleer waneer hy of sy’n goeie begrip van die moedertaal het en dat ons om hierdie rede eerder van ’n moedertaalgebaseerde tweetalige onderwysstelsel praat in gevalle waar die moedertaal nie die enigste taal van leer en onderrig is nie.

Ons gaan die ouers sowel as die kinders maak verstaan dat dit nooit ’n geval van òf moedertaal, òf Engels is nie, maar meestal van beide die moedertaal en Engels.

Die belangrikste uitdaging, wat soos ’n yslike padversperring voor dié van ons staan wat ons vir die verwesenliking van moedertaalonderrig, veral op tersiêre vlak beywer, is die ontbrekende of, in die beste geval, die gebrekkige visie van Suid-Afrika se maghebbers en ander leiersfigure.

Hierdie toonaangewende laag mense het, wat my betref, ’n baie vae idee van wat ’n veeltalige en multikulturele samelewing aan die begin van die nuwe millennium en van die 21ste eeu behels. Hul rasgedrewe begrip van ’n demokratiese bestel is die eintlike rede vir die frustrasie van die mees toegewende mense en die beduiweling van ’n saak wat, as dit opreg aangepak sou word, eintlik ’n baie eenvoudige trajek sou hê..."

"Die aanmatigende handelswyse en die verwaande houdings van die pro-Engelse drukgroepe moet ons nie daartoe verlei om die trekkrag van dié taal te onderskat of te betwyfel nie. Op internasionale vlak, en in ’n land soos Suid-Afrika ook op nasionale vlak, is Engels-vaardighede noodsaaklik. Die ekonomiese en politieke mag van hierdie taal, die gevolg van die twyfelagtige sukses van die Britse Ryk en in die huidige tydvak, van die heerskappy van die VSA, het tot sy hegemoniese stellingname, in die betekenis wat Antonio Gramsci aan hierdie woord verleen het, gelei. 

Dit wil sê, mense blyk heel vrywillig die vermeende meerderwaardigheid van Engels teenoor hul eie tale te aanvaar.

Hulle doen dit om bloot instrumentele redes, nie omdat hulle noodwendig sentimentele waarde aan die taal heg nie. In die projek wat ek aan die Universiteit Kaapstad bestuur, is ons oortuig dat tweetalige onderwys die beste manier is vir kinders wie se moedertaal nie Engels is nie, om vaardighede, inligting én Engels aan te leer...

Mense moet weer begin glo dat kennis van hul eie tale en van ander tale behalwe Engels die moeite werd is, omdat dit hulle pad oopmaak tot goeie werkgeleenthede. Die aanleer of verwerwing van vaardighede deur middel van Afrikaans of enige ander inheemse Suid-Afrikaanse taal is die koninklike pad na die werklike gelykstelling van al die tale van ons land..."

"Soos ons almal weet, of behoort te weet, is transformasie op die gebied van taalgedrag en taalinstellinge nie iets wat oornag gebeur nie, maar, soos ek alreeds aangedui het, as die visie van ’n multikulturele, veeltalige Suid-Afrika die kompas is wat ons rigting gee, benodig ons net nog realistiese, prakties georiënteerde en volhoubare programme wat met toewyding en integriteit bestuur en uitgevoer word, om die wen-wen bestemming te bereik..."


Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Jou Storie-kommentaar

Blip sê... Ons het wel ander uitvoere -- minerale, veral -- wat ons buitelandse valuta inbring. Nes hoe die olieproduserende lande hul olie verkoop. Selfs toe ons deur sanksies geknel was het ons altyd genoeg olie uit die Midde-Ooste kon koop (al was dit teen 'n premie deur middelmanne) En voedsel kan altyd in soortgelyke krisisse bekom word. Ons hoef regtig nie ons te verbeel ons woon in 'n permanente beleg nie en dat ons daarom moet laertrek. Die ou sanksie-era is lankal verby en selfs dan was daar g'n voedselsanksies nie. Terwyl olie 'n skaars kommoditeit is en die aantal uitvoerprodusente beperk is -- en dus 'n kartel kan vorm -- is voedselprodusente byna onbeperk die wereld vol versprei en kompetisie is dus oop, wat kartelvorming beperk en pryse laag hou. Slegs natuurrampe soos droogtes, vloede, siekteplae ens kan tydelike tekorte en prysstygings skep, maar hulle kan ook jare van oorvloed en oorproduksie skep wat pryse so laag laat daal dat marginale produsente hul uit die mark onttrek omdat dit onwinsgewend is. Die wereldmark van handel is, natuurlik, 'n zero-som vergelyking: tel alle uitvoere in die wereld op, en dis presies dieselfde as alle invoere in die wereld, want elke uitvoerder verg 'n invoerder, en die omgekeerde. Solank jy, as 'n land, jou handelsbalans binne redelike noue perke hou, maak dit min saak wat presies jy uitvoer of wat jy invoer. Dus, voer net meer mangaan uit en voer dan meer mielies in. Alles in die haak! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T Local
2001
R 64,369.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,990.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.