Die polisieminister, Nathi Mthethwa, het Suid-Afrika se misdaadstatistieke vir die 2011/2012 boekjaar bekendgemaak.
Die aantal moorde het in die huidige boekjaar met 3,1% gedaal. Altesaam 18 000 mense is in die 2004/2005-boekjaar vermoor en die getal staan nou op minder as 16 000. Roof met verswarende omstandighede, bankroof en transitorooftogte het ook afnames getoon.
GESELS SAAM: Hoe voel jy oor die jongste misdaadstatistiek? Is jy bly daaroor, of is jy daarvan oortuig dat dit nie die werklikheid weerspieël nie. Hoe lyk die toekoms vir wetstoepassing in Suid-Afrika? Lewer kommentaar hieronder of deel jou mening hier.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.