DEEL JOU MENING: Afrikaanse media in SA
2012-01-27 09:51
“Enige wet wat mediavryheid in gevaar stel, sal verkeerd wees. Die media speel ’n baie belangrike rol in die stryd teen korrupsie,” het Jeff Radebe, minister van justisie, by die bekendstelling van Corruption Watch (CW) in Johannesburg gesê.
“Mediavryheid stel die media in staat om korrupsie oop te vlek. Ons het dikwels nie genoeg waardering vir die waghondrol wat die media speel nie.
Ons wil hê die media moet voortgaan met sy onvermoeide pogings om korrupsie te ontbloot.”
GESELS SAAM: Hoe voel jy oor die Afrikaanse media in Suid-Afrika? Stuur jou bydrae aan terugvoer@nuus24.com.