Anoniem

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Casino bring ook armoede

deur Anoniem
2010-08-12 07:55

Ons bly naby 'n casino, en dis partykeer hartverskeurend om te sien hoe party mense alles wat hulle het sal wegdobbel.

Dit verstom my altyd om te sien hoe die parkeerarea omtrent 24 uur per dag vol is. Selfs op weeksdae. Iemand maak iewers sakke vol geld hieruit.

En dis nie die ryk mense met te veel geld in hulle beursies wat die plek aan die gang hou nie. Jy kan aan die mense se voorkoms (en voertuie) sien dis baie keer die armer mense wat desperaat is om iets ekstra te wen, of wat droom dat hulle lewens kan verander, wat die laaste bietjie wat hulle het kom wegdobbel.

Ek besef daar is baie mense vir wie hierdie niks meer as ligte vermaak is nie, en dis goed so. 'n Casino skep ook werk vir baie mense. Maar dis asof ons vergeet daar is baie ander wie se lewens negatief beïnvloed word. Ek het een keer gelees dat daar altyd met tyd 'n "ring van armoede" om 'n casino vorm, en as ek so na mense kyk kan ek verstaan hoekom.

Ons lewe in 2010, maar steeds is daar mense wat vas glo hulle gaan op een of ander manier skielik ryk word. En baie van hulle is bereid om alles te gee – die kosgeld; hulle sal selfs meubels verkoop – in die hoop om daardie "jackpot" huis toe te vat. Dis hartseer, maar dis waar. Mense verloor die vermoë om logies te dink wanneer hulle desperaat is vir geld.

Die probleem is dat die regering deesdae al hoe meer casino-lisensies toeken. Daar spring een op om elke hoek en draai, ook in dorpe waar daar gewoonlik nie veel aangaan nie. Is dit nie onveramtwoordelik nie? Moet die leiers van ons land wat daarvoor verantwoordelik is nie 'n bietjie versigtiger wees om sommer orals sulke lisensies toe te ken nie?


Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Business Analyst

Western Cape, South Africa
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.