Anoniem

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Brandstigters teiken Noordwes-boere

deur Anoniem
2011-08-23 15:41

Ons lei 'n helse lewe van die naweek af in die omgewing van Amalia en Schweizer-Reneke.

Dag en nag vrees jy dat dit vandag dalk jou beurt is en dat jou eiendom, vee of familie deur die vlamme verteer gaan word.

Besef enigiemand hoe vreeslik dit is as die vlamme hemelhoog lek en die rook en hitte jou longe brand en jy nie te voet vinniger kan vlug as die vlamme nie? En jy weet dat jy nou enige oomblik gaan doodbrand.

Ons leef daagliks daarmee saam.

Kom kyk hoe lyk dit hier. Ons boere slaap party nagte net 'n uur. Want dag en nag moet hulle in hierdie helse wind die vlamme blus. Tot die vrouens is swart van die roet soos hulle ook die brande moet bestry.

Vandag waai die wind verskriklik. Voel soos 70km/uur. Ons weet dat die nagmerrie wat voorlê onvermydelik is. Ons kan nie die vlamme vandag keer nie want die wind is te sterk. Die boere jaag soos besetenes tussen die vlamme deur en probeer red wat hul kan.

Sondag 12:00 die middag het iemand ons laat weet dat 'n man so pas die gras aan die brand gesteek het by die teerpad tussen Schweizer en Amalia. Insittendes  van 'n verbygaande voertuig het gesien toe die man dit doen. Ons plaas begin daar. My man was in die Kalahari by ons gronde om die beeste te kyk, en dan moet ek as vrou maar hierdie kant die goed oppas. Goddank my seun is 21 en kan al help.

Hy het die firefighter al Saterdag vol gemaak want ons weet al in ons omgewing, as die wind roer en die gras droog is, word ons plase aan die brand gesteek.

Dit was 'n vreeslike vuur. My kind moes deur die vlamme jaag om agter die vuur te kon kom om dit te probeer blus.  Maar die vlamme trek so vinnig dat dit eintlik 'n onbegonne taak is.

Ons het dadelik hulp ontbied. My kind het my laat weet dat ek solank die grasdak moet natspuit. Ek is 52 jaar oud. Ek was alleen op my werf. Soos 'n besetene moes ek rond hardloop. Pype soek ... waterenjin start ... Krane van damme oopdraai en die dak begin natspuit ... In die paniek het ek myself pimpel en pers gestamp.

Tien minute later was die vlamme 'n meter van my huis af en so hoog soos die kragpale. Ek kon nie deur die rook voor my sien nie en die hitte was ondraaglik. Die hemel bo my was ewe skielik bloedrooi. Ek kon nie meer by 'n voertuig uitkom nie. Goddank het 'n boer by my huis opgedaag om sy firefighter met water vol te maak.

Ons het besef dat ons gaan doodbrand. Ek, ou vrou, moes agter op die Landcruiser spring, want daar was nie eens tyd om voor in te klim nie. Ons kon nie 'n tree voor ons sien nie en ons longe het gebrand van die hitte en rook.

Ons het gejaag maar die vlamme en wind was vinniger as ons. Die boer het gestop om 'n lyndraad met 'n tang te knip om die land in te ry om langs die vuur te kon kom. Ons moes oor 'n amper 1 meter wal jaag om weg te kom. Dit was verskriklik.

Dit is vandag Dinsdag. Ons blus nou nog vure wat weer opvlam hier om die huis.

Dit brand vandag weer so erg in die Amalia omgewing. Die vure is onbeheerbaar. Die diere wat doodbrand is die ergste om te aanskou.

Besef die brandstigters hoe wreed vir iemand of iets om dood te brand? Laasjaar het 'n sestienjarige dogter wat beeldskoon was, vreeslik lelik verbrand in so 'n vuur. Die een boerbok by my het met sy kloutjies in die smeulende mis gestaan. 'n Jong seun het deur die brandende mis gehardloop, die bok in sy arms opgetel en uitgedra.

In die Amalia-omgewing staan die verbrande beeste wat nie dood is nie en bulk terwyl die bloed uit hulle spuit. Hulle moes maar doodgeskiet word. Dit was verskriklik.

Vandag herhaal die ou hele verhaal homself weer en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie.

Ons boere mag nie eens meer ons eie eiendom beskerm nie. Die boere wat op die brandstigters op hul plase afgekom het, is Saterdagaand in hegtenis geneem. Hulle is op borgtog vrygelaat en mag nie in die omgewing kom nie. Hul eiendomme is vernietig.

Ons toekoms lyk donker. Net soos die roet en rookwolk wat al vir drie dae donker oor ons huis hang.

– Kyk hier na 'n video van die skade op die plaas.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Jou Storie-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic AT
2000
R 109,300.00

FORD

Ranger 1800 SWB XL
2002
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.