Boikot oor Mugabe-melk: Sê jou sê
deur MyNuus24-redakteur
2009-10-01 11:17
Volgens die jongste berigte het die burgerregtegroep Afriforum ‘n beroep op verbruikers gedoen om Nestlé-produkte te boikot indien hulle nie ophou om melk van Grace Mugabe se suiwelplaas te koop nie.
Kallie Kriel, Afriforum se woordvoerder, het luidens ’n verklaring gesê hulle sal Nestlé-produkte boikot as die land nie ophou om “bloedmelk” van Robert Mugabe se vrou se suiwelplaas teen 7 Oktober te koop nie.
Afriforum gaan ook ‘n versoek aan alle menseregte-organisasies rig om druk op dié multinasionale onderneming te plaas.
Hy het gesê die onderneming is ‘n verskoning aan Zimbabwe se inwoners verskuldig. (Lees die oorspronklike berig hier).
Wat is jou opinie? Is 'n boikot van Nestlé-produkte die regte stap om te neem? Moet dié maatskappy verantwoording doen oor waar hy sy produkte koop, of is die voorgestelde aksie 'n bohaai oor niks? Laat ons weet wat jy oor dié saak dink deur hieronder kommentaar te lewer.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.