Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Dawie
 
Menings: 10
Artikels gelees: 401
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Boere se hulpbronne beperk

10 January 2013, 09:45  - Dawie

Ek het gister persoonlik die eerste keer kennis gemaak met die ontwrigtende optrede van stakers in die Wes-Kaap-provinsie, toe een van my vragmotors ure lank moes stilstaan omdat die pad gesluit was.

Dis een ding om swart-op-wit oor hierdie aksies te lees, en 'n heel ander saak as 'n mens self ervaar hoe dit jou raak.

Ek kan net wonder hoe die joernalis voel wie se motor (goed dan, sy werkgewer se motor) deur die stakers aan die brand gesteek is!

Die vertraging het my 'n hele paar rand gekos, maar nie naastenby soveel soos die boere wat seker al met hulle hande in hulle hare sit nie. Vir hierdie mense het dit ongetwyfeld vinnig verander in 'n stryd om (finansiële) oorlewing. 'n Boer kan persoonlik net 'n sekere mate van ontwrigting dra. Daarna word dit vir hom onmoontlik om te herstel, en hy moet tou opgooi en sy plaas verkoop.

En dis juis hierdie punt wat ek nie kan verstaan nie: Wil jy vir my sê hierdie plaaswerkers besef nie dat hulle hulle eie werke in die gedrang plaas met hierdie stakings nie?

Kyk maar net wat die afgelope week of twee by een van Harmony se myne gebeur het. Werkers wat verlede jaar gestaak het, het aan die begin van die jaar gehoor hulle kan nie teruggaan werk toe nie omdat die myn moet besluit of dit nog lonend genoeg gaan wees om oop te bly.

As 'n mynmaatskappy so swaarkry onder stakers se aksie, hoe erg moet dit nie vir 'n boer persoonlik wees nie? 'n Enkel-boer se hulpbronne is mos baie minder as 'n groot internasionale mynmaatskappy s'n! As hulle dit nie kan deurmaak nie, hoe gaan ons boere dit doen?

Die kort antwoord is, hulle gaan nie.

Dit bring my by die groot vraag: Hoekom gryp die regering nie sterker in nie? Is daar nie 'n enkele grootkop wat besef hoe vernietigend hierdie gewelddadige stakings vir die landbousektor gaan wees nie?

Regerings werk met baie geld, so daar is altyd ruimte om 'n bietjie te mors en voort te gaan. Maar een of ander tyd gaan hierdie manne besef die geld is klaar, omdat die basiese strukture wat die finansies voorsien – goed soos plase en besighede – almal vernietig is deur 'n klomp arbeidsboelies.

Waar gaan dit eindig?

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 78 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

5 menings 275 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 278 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 445 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 817 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 835 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

J2EE / Senior Java Developer

Centurion
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.