Nuus24 het lesers gevra wat hulle dink van die ANC se idee om ’n belasting op gegradueerdes in te stel...
Mike Seaward: “Wys jou net die staat wil net hê en wat gee hulle terug? Paaie, hospitale, ag als verval. Solank hulle kan vat dan sal hulle.”
Ria Louw: “Die arme onderwysers wat grade het kry reeds so 'n power salaris... Nou nog belas ook!”
Brian Kritzinger: “Daar is geen keer aan die ANC nie. Ons laat dit toe, so laat hulle maar doen wat hulle wil doen. Laat Zuma nog ’n huisie bou, ek is seker die keer sal hy dit stil hou. Môre sal hulle weer ’n tax uitdink om ons verder af te bring - weereens ONS LAAT DIT TOE...”
Iris Matthews Naude: “En wat van die gegradueerdes wat nie een in hul rigting werk kry nie? Maar nou moet die duisende met hul "gekoopte" grade ook betaal!”
Bennie Geustyn: “Gratis opvoeding? Dit gaan beslis in 'n gemors ontaard, soos wat dienslewering deesae toegepas word!”
Erika Noeth: “Totaal belaglik, alle gegradueerdes sit nie noodwendig in hoë poste nie. Wat ’n fantastiese manier om ons jeug aan te spoor om nie hulle self te verbeter nie.”
Francois Koorts: “Wat gaan hulle nog belas? Alles verdwyn tog maar net in ’n bodemlose put diefstal, korrupsie, onwettige tenders en wie weet wat nog! Hulle sal die koei melk tot daar niks oor is nie.”
Sarel van der Merwe: “Die regering wil net nog geld vir hulself hê. As die belastinggeld sinvol gebruik was, sou niemand 'n probleem met belasting gehad het nie. Ons betaal egter net belasting vir die ANC-regering se luukshede. Gebruik die geld reg dan sal niemand omgee om hul deel te doen nie, maar hierdie idee is weer net nog 'n poging om 'n klein gedeelte van die bevolking om die groter persentasie te dra.”
Natasja Oosthuizen: “Belaglik! Die gekwalifiseerde mense is in elk geval die mense wat meeste van die tax betaal oor hulle salaris vlak. Nou moet hulle nog betaal! Regtig?”
Pieter de Villiers: “Absoluut idioties! Dit maak geen logiese sin nie. Wat het geword van reward the good and push the lazy? Nou is dit reward the lazy en push the good... Away!!! Ek dink eerlikwaar die regering moet terug kom aarde toe, hulle lewe natuurlik glad nie met hierdie besluite nie want hulle sal dit net as perk by kry by kontrak. Dus sponsor ons hulle ook nog...”
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.