Ek het vandag na drie weke se sukkel uiteindelik my kredietkaartstate gekry.
Ek het as gevolg van persoonlike probleme betalingsprobleme op my kredietkaart begin ondervind sowat vyf jaar terug, ek het ‘n reëling met hulle gemaak en betaal elke maand getrou my bedrag af wat my omtrent kreupel laat, maar ek bly maar betaal.
Ek kon net nie verstaan hoe my bedrag omtrent dieselfde bly nie en ek verstaan dit nou uiteindelik! Alhoewel ek ‘n reëling het met die bank en die betalings getrou maak word slegs die helfte van my betaling aan die ‘verskuldigde’ bedrag afgetrek want die res gaan alles na rente toe.
Wel soos ek die ding nou kyk is ek ‘n gewaardeerde kliënt want die bank maak elke maand ‘n kleinhuisie vol geld uit my uit en die tempo waarteen hulle die geld allokeer beteken ek gaan die bedrag nog ses jaar lank moet afbetaal in plaas van die amper drie jaar wat die eintlike bedrag my moet vat.
Besef banke die demotivering hieragter? Ek kan amper geen verskil in my bedrag verskuldig sien aan ‘n einde van ‘n jaar nie want die bedrag voel asof hy nie kleiner word nie.
Hoekom word ons so uitgebuit? Dus moet ek vir jare lank betaal aan nege maande se probleme? Waar kom banke mens tegemoet?
Ek's raadop!
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.