Nuus24 het lesers op hul Facebook-blad gevra hoe hulle voel oor Afrikaanse musiek... Hier's wat van hulle te sê gehad het.
Karin Van Niekerk Behrens: “Daar is 'n klomp mense wat volgens my glad nie kan sing nie. Maar dan is daar ook geweldige talent onder die Afrikaanse kunstenaars. Van hulle is goed genoeg om internasionaal naam te maak. Met die groot verskeidenheid is daar beslis iets vir almal! My gunstelinge op die oomblik is Riana Nel en Andriëtte. Maar daar is baie ander ook; Vaughan Gardiner ens. Maar smaak verskil!”
Zaid Barnes: “Ek is lief vir die musiek, ons praat die taal so ons moet die musiek ook lief het.”
Jaco van Niekerk: “Dis verblydend om te sien hoe nuwe Afrikaanse talent blootstelling kry en so 'n groot advertensie vir ons taal is. Nou moet ons net oppas dat die met die nodige kapitaal nie slegs bemark word omdat hulle dit kan bekostig nie en glad nie 'n musiek talent het nie. Ons moet ook nie ons taal verkrag deur ligsinnige of vulgêre lirieke nie. Ons word geassosieer met die boodskappe wat ons uit dra deur musiek en die kwaliteit van Afrikaanse musiek moet dus altyd in die agterkop gehou word wanneer produksie oorweeg word.”
Tossie Van Der Merwe: “Afrikaanse musiek het definitief gegroei. Beste kunstenaars Steve, Bobby van Jaarsveld, Theuns du Toit, Vaughan Gardiner, Nadine(great songs deesdae) Bok van Blerk.”
Nick Zwart: “Die nuwe rigtings in Afrkaanse musiek maak dat die hele bedryf 'n oplewing ondergaan... Jack Parow en Die Antwoord is goeie voorbeelde. Hul sukses in die buiteland het hulle verdien!”
Johann van der Watt: “Afrikaanse musiek floreer. Daar is egter skrikwekkend baie 'baby' sangers met grassnyerstemme wat die bedryf oorheers. Goeie liedjieskrywers en kunstenaars se musiek word te min gehoor. My gunsteling kunstenaars tree gewoonlik nie by die groot spyskaartfeeste op nie.”
GESELS SAAM: Luister jy graag na Afrikaanse musiek? Wie is jou gunsteling kunstenaar? Lyk die Afrikaanse musiekbedryf vandag beter as 'n dekade gelede? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.