Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
jaydee
 
Menings: 14
Artikels gelees: 1047
 
 
Jongste kentekens:


 
Sien al jaydee se kentekens.
 

Is ouetehuise werklik die laaste uitweg?

30 October 2012, 07:30

Elke keer wanneer die onderwerp oor bejaardes op die nuus geopper word, word die beelde van ouetehuise vir bejaardes ("blankes") gebeeldsaai.

Dit skep die indruk dat ouetehuise net deur "blankes" gebruik en ingespan word. Dit laat mens wonder: het die goue oues hul lewelank gewerk om in die ouetehuis te gaan aftree? Het hulle hul afgesloof vir hul kinders om in die oorde geplaas te word?

Daar mag verskeie redes wees waarom die oues van dae 'n "tuiste" moet vind in die soort wonings; baie van hulle verkies dit om sodoende nie 'n las vir die onmiddellike familie te wees nie. Die oorweldigende gevoel en indruk wat 'n mens kry, wanneer jy hierdie plekke besoek, is nie dat hulle dit verkies het nie, maar dat hulle eerder daar geplaas was (geforseerd) deur familielede; deur mense wat as gevolg van die oues van dae se bloedsweet, gekom en gevorder tot waar hulle vandag is.

Eenkant gesmyt, waar hulle nie 'n verleentheid vir die familie kan wees nie, weg uit die publieke oog! Die ou geykte frase: "...dit is die beste vir haar/ hom (bejaarde)", word dan meer kere gebruik bloot om die gewete te sus van diegene wat ontslae wil raak van die oues.

Is dit werklikwaar die beste; gesien in die lig van berigte wat die lig gesien het oor bejaardes wat onmenslik behandel word in ouetehuise. Omstandighede en "oumenskwale en siektes " noop mense om soms 24-uur sorg aan bejaardes te skenk, maar die sorg kan ook tuis aan hulle gegee word deur goed opgeleide en gekwalifiseerde personeel; want baie wil naby die familie wees en nie eenkant weggegooi word soos 'n uitgediende skoen nie.

By die huis word hul waardigheid ten miste 9 uit 10 keer beskerm en handhaaf.

Die wysheid en raad wat hulle kan verskaf is van onskatbare waarde en kan vandag nog aanvaar word in die hedendaagse lewe waar alles bloot 'n gejaag na geld is! Dit is so dat in baie gevalle het 'n mens Job se geduld nodig en nog meer vir die oues van dae; maar meer inspanning en geduld as 'n kleuter van drie tot vyf jaar, sal bes moontlik nie deur 'n bejaarde geverg word nie.

In die tyd waarin ons leef en met die misdaadsyfer wat ten hemele styg, is die kanse dat hulle tuis aangeval, of selfs, die Vader behoede ons, vermoor sal word, 'n groot kommer, maar is hulle veiliger elders of in ouetehuise?

Die verbreking/ afbreek van familiebande het baie daartoe bygedra dat ons in 'n samelewing lewe waarin ons ons nou bevind. Dink maar aan die aandete waar almal om die etenstafel gesit het; nie voor die TV nie, die samesyn vir die aandgodsdiens. Klein dingetjies wat die oues van dae in ons lewens ingestel het en byna outokraties uitgeleef en uitgevoer het!

Dit het alles bygedra tot die hegtheid van gesins- en familiebande.

Daarom laat 'n mens die indruk/ gevoel kry dat die oues van dae in die land eerlikwaar "stank vir dank" kry en in baie gevalle van hul eie gesins- en familielede!  

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 67 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

42 menings 384 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 220 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 194 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

118 menings 2188 keer gelees
My pa, my hero

Vandat sy haar oë op haar pa kon lê was hy vir haar die mooiste, beste pappa in die hele wêreld en haar rolmodel in die lewe... Lees meer...

2 menings 497 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.