Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Storieman
 
Menings: 13
Artikels gelees: 899
 
 
Jongste kentekens:

 
Sien al Storieman se kentekens.
 

Hoe sê mens dankie?

01 February 2013, 08:01

Die amper twee ure se sit langs ‘n verlate pad en wag vir hulp was maar die begin van ‘n dankbaarheidsavontuur met sy kenmerkende vermoeiende dwarsduine wat vir ons daardie dag gewag het. 

Ons was kort anderkant êrens en halfpad tussen niks en nêrens toe ek agterkom dat Lasarus (ons 1994 dubbelkajuit Mazda bakkie) se handrem die oorsaak was dat ons nie verder kon ry nie. Die ou bittereinder se regteragterwiel het soos ‘n steeks donkie vasgeskop wat nie ‘n aks vorentoe of agteruit wou draai nie. Lasarus se onderkant  - en so ook die handrem kabel - het maar net te veel letsels en littekens op gehad as gevolg van menigte kilometers op genadelose klipperige Kalahari grondpaaie. 

Skielik, sommer so uit die niet het iemand langs ons kom stop. Miskien nou wel nie ‘n engel nie, maar nogtans het die jongman met die blonde hare se skielike opwagting my aan die dink gesit.

“Oom moet die Here dank” sê hy. “Oom moet regtig die Here dank dat julle hier kom stop het. Nog ‘n end se gery en die wiel het totaal en al vasgebrand en dan was die skade baie groot.” ‘n Ysigheid omklem my binneste binne, maar die jongman stel my gerus. “Oom kan maar ry as oom wil. Die wiel is nou reg en hy sal nie moeilikheid maak nie. Maar asseblief tog oom, moenie die handrem optrek nie. Die wiel gaan vastrek en julle sal nêrens heen kan ry nie” het hy gesê terwyl hy die ergste stowwerigheid en vuilheid van sy hande afvee voor die groet. 

Die jongman raak klein in die terugkyk spieeltjie terwyl ons spoed optel. So glip die een kilometer na die ander onder Lasarus en die sleepwa se bande deur en ons oorspronklike beplande 780 kilometer vir die dag raak al korter en korter. Die woorde van die blonde jongman “Oom moet die Here dank, oom moet regtig die Here dank,” bly dwarrel en maal soos ‘n baldadige draaiwind in my se kop. 

En ek begin te wonder... ek wonder oor engele... en ek wonder hoe mens regtig vir Hom dankie sê.

Heelwat later met ‘n groot klomp teerpad agter ons en ‘n groterige dorp se vroegaand ligte verwelkom ons al van ver af. By die eerste robot in die dorp moes ek eers stadiger ry en so weerklink ‘n onaardse geluid in onse ore met die trap van die koppelaar. Instinktief weet ek dat Lasarus se koppelaar uitgebrand het en ons stop ruk-ruk teen die randsteen. Moedeloosheid omvou my en die Mooiste Mooi soos ‘n digte sandstorm en sy wil-wil tranerig raak. Ons is reeds ‘n klomp ure agter skedule en nou het ons nog hierdie moeilikheid ook.    

Opsies word oorweeg en tog besluit ons maar om deur te druk vorentoe. Ons is in ‘n onbekende dorp, ons ken niemand nie, dis naweek en professionele hulp sal eers die Maandag beskikbaar wees. Vorentoe die onbekende in, al is die verwisseling van ratte nou ‘n probleem as gevolg van die gebrande koppelaar. 

Ek sit die ou bittereinder in eerste rat en draai die sleutel. Lasarus spring-spring vorentoe want die koppelaar werk mos nie en ek voer versigtig meer en meer brandstof. “Met die engin retoere hoog genoeg kan jy ratte verwissel sonder ‘n koppelaar” hoor ek weer ‘n kundige se raad. Versigtig druk ek Lasarus in derde en lateraan in vierde en so tel Lasarus al meer en meer spoed op. Ons het begin ry en dit sonder ‘n koppelaar al gaan dit maar sukkel-sukkel. 

Sweet loop teen my se wange en voorkop af terwyl ek met wit kneukels die stuurwiel styf vasklem. Uit die hoek van my se oog sien ek die Mooiste Mooi se lippe beweeg en ek weet dat sy besig is om met Vader te gesels. Dis Vrydagaand, die pad is besiger as normaalweg en ons het nog sowat 260 onbekende donkernag kilometers om te gaan.     

Dan skielik, sommer so uit die niet, nes die blonde jongman vroeër vandag, verskyn ‘n groot trok reg voor ons. Ek en die Mooiste Mooi kyk vlugtig na mekaar met dieselfde vraag op ons gesigte “Waar kom hierdie trok so skielik vandaan?” Ek probeer stadiger ry, maar die afstand tussen ons vergroot nie want die trok verminder ook sy spoed. Dan beur Lasarus moedig vorentoe as ek probeer spoed optel, maar die afstand tussen ons bly dieselfde. Die trok vermeerder ook spoed.  

Opeens swaai die trok met groot rooi agterligte skielik regs en instinktief volg ek hom. Oombliklik flits ‘n baie groot slaggat vol skade en selfs dood links van my verby. Dan swaai die trok skerp links en onwillekerig volg ek hom. Nog ‘n doodsgat flits aan ons regterkant verby. Ek smak na my asem toe Vader gerustellend beduie, “Nes Jesus van melewe die pad na My oopgemaak het, maak hierdie trok vanaand jou pad oop.” ‘n Onbeskryflike kalmte oorspoel my en ek voel veilig en geborge want my plek is in die trok se spoor – kilometer vir kilometer.

‘n Rukkie later en die trok begin sonder waarskuwing vinniger en vinniger ry. Ek probeer spoed kry, maar dit is ‘n gesukkel. Amper verlangend en selfs vieserig kyk ek die rooi ligte agterna wat al kleiner en kleiner raak. Skielik verhelder hulle met die trap van die rem en so ook die vrolike oranje skynsel van ‘n flikkerlig. Dan stop die trok en draai dan regs by die T-aansluiting. Ons moet ook daar draai en vroegtydig begin ek spoed verminder om sonder om te stop ook te draai. 

Daar is geen ander verkeer op die pad nie en ek draai. My se oë soekend na die gerustellende rooi ligte van ons pad-oop-makende trok, maar hy is weg, heel weg. Sommer so, skielik, nes die Kêrelkind van God met die hemelvaart. En die oggend woorde van die blonde jongman daar langs die pad dwarrel en maal steeds soos ‘n baldadige draaiwind in my se kop. 

“Oom moet die Here dank, oom moet regtig die Here dank” en ek wonder steeds... ek wonder steeds oor engele... en ek wonder hoe mens regtig vir Vader kan dankie sê.

Twee maande later en Lasarus spog met ‘n handremkabel, ‘n nuwe koppelaar en ook ‘n ander engin. En ek wonder steeds.

Ek wonder steeds oor engele... en hoe mens regtig vir Vader kan dankie sê.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

7 menings 517 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 122 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

51 menings 527 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 238 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 238 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

119 menings 2301 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.