Insake: Salarisse styg met 8%
Ons baas het vir ons gesê die styging is 6%, dis wat ons ook gekry het. Nou wat sê ons nou?
Hier in die Swartland is dit bekend dat die werkgewers swak betaal. Wie kan nog ’n lewe maak van R4 000?
Dan praat ek nie eers van die werkers wat R2 600 kry nie.
Wat moet hulle daarmee maak? Dis kos, elektrisiteit en huis se huur. Dit is ’n skande, ons doen die harde werk en die base druk vet salarisse in hulle sakke.
Hoe moet ons lewe verbeter?
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.