Nou hoe gebeur dit dat ‘n ouer oor sy of haar kindjie ry?
Julle mag dalk dink dat ek nou onsensitief gaan wees, maar regtig, verduidelik dit vir my?
Jy kyk mos waar jou kind is, voordat jy in die kar klim of selfs voordat jy wegtrek! Meeste ouers bêre eers hul selfone (indien dit nie aan hul ore vasgeplak is nie) in die kar, en bogger die res.
Moenie vir my sê dit was ‘n ongeluk nie. Dit kon regtig voorkom geword het. Dis te veel moeite om te kyk of die kind regtig veilig is vir meeste mense; so asof dit deesdae mode is.
Dit is so maklik soos dit :
Indien jou kind saam met jou moet ry, laai haar of hom of hulle eerste in. Maak dan seker die deure is behoorlik gesluit. Trek jou kar by die hek uit. Sluit die kar af. Haal die sleutel uit. Klim uit en maak jou deur toe. Maak die hek toe. Klim in jou kar, en kyk of jou woelwaters nie woel nie. Trek dan weg.
Indien jou kind nie saam met jou ry nie, doen die volgende: Maak seker jou kind is in die hande van jou bediende, vrou, of man.
Moenie die kind alleen laat rond hardloop nie. Voordat jy wegtrek, maak seker die kind is nogsteeds by die oppasser, man of bediende. Herhaal soos nodig.
Die probleem is: Ouers is te haastig om by die werk uit te kom. Ouers is te lui om seker te maak hul kinders is veilig.
Nog ‘n ding, as ‘n mens nou sal kyk na arme Pippie Kruger. Hoe gebeur dit? Hoekom was sy so naby aan die braaier in die eerste plek?
Dis al. Ek dink ek het nou klaar my misnoë uitgespreek teen onverskillige ouers .
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.