Die heropening van verskeie onderwyskolleges in Suid-Afrika is ’n stap wat beslis verwelkom moet word. Dit is ’n belangrike moment in ons ontwikkeling as jong demokrasie waarvoor die regering baie lof verdien.
Dit is ’n ontwikkeling wat my hoop gee vir die toekoms.
Kom ons erken nou maar eenmaal as ’n nasie dat hierdie instellings baie, baie meer as net ‘boskolleges’ in die verlede was. Hierdie instellings was plekke van onskatbare waarde waar die fondamente van ons samelewing gelê was. Dit was die gom van ons gemeenskappe – dit was plekke waar mense opgelei was in wie se hande gemeenskappe hulle mees kosbaarste besittings oorgelaat het – hulle kinders.
En kom ons erken tog ook nou asseblief vir eens en vir altyd dat ons verlede baie meer genuanseerd was as wat ons ooit sal kan begryp. As hierdie instellings werklik sulke wrede plekke was, hoekom kan ons vandag nie meer sonder hulle funksioneer nie?
Ek hoop van harte dat hierdie instellings vir ons ’n enorme getal onderwysers sal lewer wat die opkomende geslagte sal bemagtig met kennis en vaardighede. En ek hoop dat dit onderwysers sal wees wat die waarde van die moedertaalonderrig sal besef – mense wat nie skaam sal wees vir wie en wat hulle is nie.
Mense wat nie in een asem skree Mayibuye Afrika! en in die volgende asem skaam kry vir hul moedertale nie!!!
Daar is net eenvoudig NIKS wat ons gemeenskappe só sal bemagtig soos as ons kinders in hulle moedertale kan leer nie!!!
- Hierdie is een van Barend de jongste blogs.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.