Ek verwys na Neels Jackson se video en artikel van 13 Desember in Beeld.
Ek stem saam Neels daar is mense wat hierdie mense uitbuit, maar die vraag is hoekom laat ons hierdie mense toe om dit aan die arm blankes te doen?
Hulle moet vasgevat word, want hierdie blanke-armes het geen ander uitweg as om in hierdie kampe te bly nie.
Baie van hierdie mense is gedwing in hierdie situasie omdat hulle ongeskoolde arbeid verrig het en ook laag besoldigde werk gedoen het in die 1900's, maar is ná 1994 vervang om regstellende aksie toe te pas.
Ons moet eerder hierdie mense help as om te skryf hoe hulle uitgebuit word.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.