‘Graeme sal vorm herwin’
deur Anoniem
2012-01-23 12:15
Graeme Smith moet tyd gegun word om op vorm te kom. Hy het al baie vir Suid-Afrikaanse krieket beteken.
Kyk wat het hy alles in Australië vermag en dan praat ons nie eers oor die laaste toets daar met ‘n gebreekte vinger nie. Dit sit nie in enige sportman se broek om met ‘n gebreekte vinger te probeer kolf nie.
Hy sal weer sy vorm herwin en nog baie lopies aanteken vir Suid-Afrika in eendag en vyfdag krieket.
Sekere suurpruime is al vanaf die wêreldbeker besig om hul monde uit te spoel oor Graeme. Ek hoor nooit hul gaan so aan wanneer ons topboulers of nommer 1 bouler in die wêreld van vorm af of die hele tyd fout balle afstuur nie of as die goue seun van krieket weereens sy kolfmaat uithardloop en ons verloor die wedstryd.
Nee dit is altyd arme Greame Smith se skuld. As daai selfde ou suurpruim die betrokke wedstryd niks negatief het om te sê oor Greame se spel nie begin hy torring oor Graeme se gewig.
Asseblief kry ‘n lewe en hou op so afgunstig wees op die arme ou. Hy kies nie homself nie en sekerlik weet die keurders beter as julle of dit is hoekom julle nie keurders is nie.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.