Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Tussen vier lyne
 
Menings: 0
Artikels gelees: 177
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Goeie begin is nog niks gewin

28 February 2013, 15:26  - Tussen vier lyne

Wat die 2013 seisoen aan betref, is die Bulls een kortkop voor die Stormers met die oortuigende wen op Loftus Versveld verlede Saterdag.

‘n 27-15 wen teen die beste verdedigingspan in die kompetisie is nie te versmaai nie en Frans Ludeke se nuwe afrigtingsresep blyk vroeg-vroeg in die kol te wees.

Morné Steyn is weer “Generaal” Morné Steyn.

Voordat ons te opgewonde raak oor die driemalige Superkampioene se vooruitsigte vir die seisoen, ruk die hoofafrigter Frans Ludeke ons tot sinne; “Verlede week se uitslag is verby. Ons is dankbaar vir daardie sege (teen die Stormers), maar die fokus die week is ‘n nuwe teenstander wat ander uitdagings bied. Die Force is altyd ‘n moeilike teenstander vir ons en sal weereens eise stel aan ons algemene spel en verdediging. Ons het egter goed voorberei en sien uit na die wedstryd.”

Die Bulls is daarvoor bekend dat hulle eerder konserwatief omgaan met spankeuses en Frans Ludeke het dadelik by die aankondiging van die span teen die Western Force, Woensadg, die bespiegeling nekomgedraai dat hy die juniors in die span se lywe sou wou brei vir die oorsese trippie wat van volgende week af vir sy span voorlê.

Dat Ludeke ‘n magdom van talent in sy span het, is so waar soos padda manel dra. As Akona Ndugane nog gekrok is teen Vrydag, stap die blitsige Sampie Mastriet in. So doen Jean Cook ook met die nommer 19 op sy rug nadat hy verlede week doelbewus uit die Tukkie span teen Maties uitgelaat is met die oog op sy Super-debuut vandeesweek.

Cook is een van die mees belowende losvoorspelers wat deur die Bulls opgeraap is. Sy vermoë om agtsteman en oopkantflank te speel is reeds bekend. Sommige meen dat hy die Schalk Burger-tipe flank is, maar ek sou hom nie in dieselfde boks plaas as die moedswillige rondvallery van die Kaapse wynprins nie. Soos ons voorheen al genoem het, laat die reëlwysigings om los spel aan te moedig, sy merk op flanke en die laaste seisoen of wat getuig daarvan.

Nog ‘n rese aanwins vir die Bulls, Jan Serfontein sal waarskynlik ook sy Super-debuut maak en sy giftige spel in die agterlyn kan die verskil tussen een of meer drieë vir die Bulls maak.

Die Western Force is een van die Bulls se moeilike kalante op die rugbyveld. Alhoewel dit lyk asof hulle swaarkry sonder Nathan Sharpe en David Pocock, maak hul kop-aan-kop statsitiek dit ‘n 50% wenrekord teen die Bulls. Die spanne het ses keer teen mekaar gespeel en glad nie in 2012 kragte gemeet nie. Die Bulls se laaste oorwinning op Loftus teen hulle was in 2009 toe die Bulls naelskraap met 32-29 gewen het, maar in 2007 het die Force die Bulls getroef met 27-30 op die einste Loftus.

Saterdag se wedstryd sal nie naasteby die vlak van intensiteit bereik as wat dit teen die Stormers was nie, en die gewonde Force mag dalk net-net voorloop teen halftyd.

In die tweede helfte behoort die Bulls die krane oop te draai en die nuwe bloed in die span behoort te bewys dat hulle hul plek in die Blou span nie toevallig is nie.

Dis soos die Engesle sê “early days”, maar Ludeke en sy span het hierdie week die geleentheid om goed op te warm vir ‘n harde toer wat volgende week aanbreek en soos Pierre Spies ook aan ons gesê het, is hy en sy spanmaats rustig, gefokus en lus vir goeie Superrugby.

Goed begin mag dalk half gewin wees en die jong Bulls span sal die gewoonte hul eie wil maak.

- Hierdie skrywe het op die blog Tussen vier lyne verskyn.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 68 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

6 menings 254 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 803 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Stormers se selfgeskepte nagmerri...

Die feit dat Allister Coetzee te versigtig is om harde besluite te neem, kan sy ondergang beteken, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 471 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

5 menings 204 keer gelees
Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

3 menings 807 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.