Die berig “Verpleër vrygespreek op aanklag van verkragting” verwys
Ek is nou so geskok.
Dis te verstane as sy (die slagoffer) hom dalk nie kon uitken nie. HALLO!!! Sy het kanker gehad.
Kankerpasiënte kry morfien vir pyn. Om te dink jy laat jou siek, sterwende, verlamde vrou in die hospitaal se sorg, dan gebeur daar so iets met haar. Ek kan net bid vir haar man en hom elke dag opdra in gebed.
Dankie tog dat ek my ma en stiefma tydens hulle siektes tuis kon oppas.
Beste raad vir almal is: Moenie siek word dat jy in die hospitaal beland en dan afhanklik is van hulle versorging nie.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.