Insake: Afrikaanse flieks en musiek stel teleur
Hannes (skrywer van die brief), duidelik ken jy dan ook nie goeie Afrikaanse musiek nie. Ja, die ou maak geld “Tune Tune Baboon”. Hy is inderdaad die gewilde liedjieskrywer en komponis, Anton Myburgh.
Doen jouself 'n guns en gaan luister na Anton se liedjies en vind uit hoeveel liedjies hy vir kunstenaars oor die land gekryf het, en wie hy regtig is. “Tune Tune Baboon” is 'n grap liedjie.
Die mening tans is dat 'skryf jy ’n goeie liedjie, word dit nie op radio en TV gespeel nie’.
Die minderheid van die publiek luister na mooi liedjies. Radiostasies kan gerus aandag gee aan mooi, ernstige goeie musiek liedjies maar die publiek wil net doef-doef hoor.
Daar sal nooit een persoon wees wat van elke liedjie hou wat vrygestel word nie. Gelukkig glo ek dat kunstenaars gebore word met die wonderlike talent om liedjies te skryf en dan ook verder die selfbeeld om afkraking van die publiek reg te aanvaar wat gewoonlik nie weet waaroor dit gaan en waar kom 'n liedjie vandaan van niks af nie.
Was jy al in 'n studio terwyl 'n liedjie opgeneem word en weet jy wat 'n volle album (CD) kos voor hy op die winkel rakke verskyn?
Gelukkig verskil smaak.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.