Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
i90Christian
 
Menings: 20
Artikels gelees: 286
 
 
Jongste kentekens:

 
Sien al i90Christian se kentekens.
 

Geloofsvryheid bly netelige kwessie

04 February 2013, 07:34

Die Burger se hoofartikel van Vrydag 25 Januarie het betrekking...

In die hoofartikel verdedig Die Burger se redaksie die beslissing van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) om die Moslem-leerders Bilaal en Sakeenah Dramat se skool, die Hoërskool Eben Dönges in Kraaifontein, te dwing om hulle toe te staan Moslem-drag te dra.

Ek stem – vanuit die oogpunt van talle vryhede – saam met Die Burger se mening.

Daar moet egter ’n kanttekening geplaas word. As die Hoërskool Eben Dönges se leerders verpligte skooldrag moet dra, is die beslissing van die WKOD verkeerd, want die verpligte skooldrag verhinder ander leerders in hul vryheid van uiting – geloof of geen geloof.

In Nederland is daar dikwels Moslem-leerders verwyder van hul skool of gewyer omdat hulle Moslem-drag dra: met dieselfde argument dat dit teen die skool se gedragskode is.

Maar die verskil is verklaarbaar: die Nederlandse skoolstelsel is anders. Nederland het nouliks privaat skole. Hoekom sou ons? Die staatskole is goed en daar is staatskole wat vanuit ’n religieus standpunt onderrig. Die staatskole sonder geloof is openbare onderwys en word bestuur deur die munisipaliteit en staatskole met geloof is besondere onderwys en hulle word privaat bestuur.

Groepe mense kan ’n Christelike, Joodse, Moslem- of Hindoeïstiese skole oprig. Die skole word betaal deur die staat, wat ook die toesig hou op die kwaliteit van onderwys. Omdat die staat niks oor die inhoud van die klasse kan sê nie, kan hy net dreig met sluiting van die skool as die kwaliteit te sleg is. Dit gebeur egter spraarsaming, want die meeste skole verbeter hul onderrig na ’n waarskuwing.

In 2007 was daar 2 400 skole met openbare onderwys (met 500 000 leerders) en 4 800 besondere skole (met een miljoen leerders). En dit in ’n land waar tans die meerderheid ongelowig is.

En wat betref die Moslemskole: daar is 47. En twee Joodse skole. En vyf Hindoeïstiese skole. En meer as 4 700 Christelike skole.

Dit gee soms probleme. Moslem-leerders besoek dikwels ’n privaat bestuurde Christelike staatskool, waar hul leer oor Jesus en nie oor Mohammed nie. Dit aanvaar hulle. Maar hulle mag nie in Moslemklere loop nie, want dis ’n Christelike skool.

In Volendam moes daar ’n meisie die skool verlaat weens ’n hoofdoek. Die regter sê as sy dink haar geloof is belangrik, kan sy ’n Moslem- of openbare skool besoek. Of haar ouers kan ’n Moslemskool begin. Want die Christelike skool is immers eiendom van Christelike mense en het ’n Christelik karakter. Dat die staat die skool betaal is volgens die regter geen argument nie.

Natuurlik is dit vir Moslem-leerders in Nederland toegestaan om hul eie drag te dra op openbare skole.

Geloofsvryheid in die beginsel van onderwys beteken dus nie dat daar vryheid van geloof op alle skole moet wees nie. Die WKOD moet dit onthou.

As die leerders op Hoërskool Eben Dönges skooldrag moet dra, is die beslissing verkeerd. As die leerders op Hoërskool Eben Dönges geen skooldrag hoef te dra nie, is die besluit reg.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 38 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 226 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 257 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

14 menings 421 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 794 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 828 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Product Controller

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R600000

MI Accountant CA

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.