Die Burger se hoofartikel van Vrydag 25 Januarie het betrekking...
In die hoofartikel verdedig Die Burger se redaksie die beslissing van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) om die Moslem-leerders Bilaal en Sakeenah Dramat se skool, die Hoërskool Eben Dönges in Kraaifontein, te dwing om hulle toe te staan Moslem-drag te dra.
Ek stem – vanuit die oogpunt van talle vryhede – saam met Die Burger se mening.
Daar moet egter ’n kanttekening geplaas word. As die Hoërskool Eben Dönges se leerders verpligte skooldrag moet dra, is die beslissing van die WKOD verkeerd, want die verpligte skooldrag verhinder ander leerders in hul vryheid van uiting – geloof of geen geloof.
In Nederland is daar dikwels Moslem-leerders verwyder van hul skool of gewyer omdat hulle Moslem-drag dra: met dieselfde argument dat dit teen die skool se gedragskode is.
Maar die verskil is verklaarbaar: die Nederlandse skoolstelsel is anders. Nederland het nouliks privaat skole. Hoekom sou ons? Die staatskole is goed en daar is staatskole wat vanuit ’n religieus standpunt onderrig. Die staatskole sonder geloof is openbare onderwys en word bestuur deur die munisipaliteit en staatskole met geloof is besondere onderwys en hulle word privaat bestuur.
Groepe mense kan ’n Christelike, Joodse, Moslem- of Hindoeïstiese skole oprig. Die skole word betaal deur die staat, wat ook die toesig hou op die kwaliteit van onderwys. Omdat die staat niks oor die inhoud van die klasse kan sê nie, kan hy net dreig met sluiting van die skool as die kwaliteit te sleg is. Dit gebeur egter spraarsaming, want die meeste skole verbeter hul onderrig na ’n waarskuwing.
In 2007 was daar 2 400 skole met openbare onderwys (met 500 000 leerders) en 4 800 besondere skole (met een miljoen leerders). En dit in ’n land waar tans die meerderheid ongelowig is.
En wat betref die Moslemskole: daar is 47. En twee Joodse skole. En vyf Hindoeïstiese skole. En meer as 4 700 Christelike skole.
Dit gee soms probleme. Moslem-leerders besoek dikwels ’n privaat bestuurde Christelike staatskool, waar hul leer oor Jesus en nie oor Mohammed nie. Dit aanvaar hulle. Maar hulle mag nie in Moslemklere loop nie, want dis ’n Christelike skool.
In Volendam moes daar ’n meisie die skool verlaat weens ’n hoofdoek. Die regter sê as sy dink haar geloof is belangrik, kan sy ’n Moslem- of openbare skool besoek. Of haar ouers kan ’n Moslemskool begin. Want die Christelike skool is immers eiendom van Christelike mense en het ’n Christelik karakter. Dat die staat die skool betaal is volgens die regter geen argument nie.
Natuurlik is dit vir Moslem-leerders in Nederland toegestaan om hul eie drag te dra op openbare skole.
Geloofsvryheid in die beginsel van onderwys beteken dus nie dat daar vryheid van geloof op alle skole moet wees nie. Die WKOD moet dit onthou.
As die leerders op Hoërskool Eben Dönges skooldrag moet dra, is die beslissing verkeerd. As die leerders op Hoërskool Eben Dönges geen skooldrag hoef te dra nie, is die besluit reg.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.