Dis nie juis verbasend dat Morné Steyn ook nou groener weivelde gaan soek nie. Hy's die tweede Springbok wat die week aangekondig het dat hy sy loopbaan in Frankryk gaan voortsit.
Bryan Habana het natuurlik die week gesê dat hy 'n drie jaar kontrak met Toulon gesluit het. Steyn is egter op pad Stade Francais toe.
Maar die vraag is, gaan die Bulle en die Bokke hom mis? Ek glo nie so nie.
Kom ons kyk na die alternatiewe. Louis Fouché het vir die grootste deel van die Curriebeker vir die Bulle diens gedoen en is waarskynlik eerste in lyn om die nommer 10 trui by Steyn oor te neem. Maar dan is daar ook die talentvolle, maar omstrede, Suid-Afrika o. 20 losskakel Handré Pollard wat ook nou by die Bulle is. So ver ek kan sien is daar hope talent daar vir die span van Pretoria.
Steyn se nagmerrie-seisoen vir Heyneke Meyer se Bokke in 2012 sal ook verseker dat hy nie sommer weer in aanmerking vir die Bok-trui kom nie. Pat Lambie, Johan Goosen en Elton Jantjies is die toekoms vir Bok-rugby op losskakel.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.