Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
barben666
 
Menings: 0
Artikels gelees: 166
 
 
Jongste kentekens:



 
Sien al barben666 se kentekens.
 

Fietstoer met verbeelding

15 January 2013, 08:04

Dis Saterdagoggend net so na vier in die môre en ek kan nie wag nie.

Dis vandag my Argus-fietstoer en ek is vasberade om die ou grotes ‘n ding of twee te wys. Doelgerig staan ek op en gaan deur die dril van stort, korrekte brekfis, die volle wapenrusting en... ek is gereed.

Met vaste tred stap ek na my oefenkamer waar my oefenfiets en trapmeul getrou op my wag. Ja, ek is ‘n fiksheid fanatikus en marathon wedlope en fietstoere is my gunstelinge. En nee, ek gaan nie ‘n stewige voorwedloop oefening insit voor die Argus nie. Ek doen enige marathon of fietstoer sommer reg hier in my oefenkamer.

Kom ek verduidelik...

Ek het moeg geword daarvan om op ‘n verbeeldinglose en sielsdodende trapmeul en oefenfiets die tellers te laat voortrol, die kalorieë te laat afrol en die spiere te laat uitrol en ek was op die punt om die sweet vir oulaas met die handdoek af te vee voordat ek dit sou ingooi, toe kom val die geluksgodin se trokkie was op my voorstoep.

Ek word die trotse eienaar van ‘n Lotto-kaartjie met ‘n waarde van net so duskant die dertien miljoen lieflike Suid-Afrikaanse Bokkoppe! Die mooiste van als was, ek het nie nodig gehad om my kop te breek oor wat ek daarmee sou aanvang nie: My oefenkamer! Of liewer, kom ons begin nou hoogdawerend raak en noem dit ‘n djim!

Ons het dadelik aan die werk gespring. Dis nou ek, die argitek, die bouer en laaste, maar inderdaad die vernaamste, die kombinasie van fiksheidkenner en tegnologiese fundi wat my nuwe fiets en trapmeul sou kom installeer.

Alles moes net eenvoudig ‘state of the art’ wees, soos die Japanner met die Amerikaanse aksent gesê het terwyl hy op sy hande gevryf en die dollar-tekentjies in sy oë geskitter het. Die mees funksionele gebou met dekor wat jou laat voel jy is in die opelug en hoogs aanpasbare lugversorging wat jou neem vanaf die verfrissendste berglug tot in die stad se besoedeling, afhangend van waar jy jou op die oomblik bevind in jou marathon of fietstoer.

Daar is ‘n XXXL 3DHD grootskerm televisie voor elke apparaat wat jou deur oefensessies sowel as die ware Jakob kan vat. Die oefenfiets skakel tussen ‘n kragtige bergfiets en ‘n opreggeteelde snelfiets met die druk van ‘n knoppie en laat jou die lief en die leed, die smart en die sweet van die pad opreg ervaar wat jy gekies het.

Die trapmeul kan elke knikkie, opdraand en afdraand van die Comrades of New York of watter marathon ookal, perfek naboots. As jy nie fiks genoeg is nie, moet jy asseblief tog nie dink dat jou eie masjien jou genadig gaan wees nie. Jy val net eenvoudig uit en dis terug na die oefenbord met jou.

Daar is ook geen manier hoe jy jouself kan ooreis nie. Jou hartklop, asemhaling, kalorieverbranding en hidrasie word fyn gemonitor. Enige rooiligte wat op hierdie skerms flits sal jou onmiddelik aanraai om regstellende aksie te neem en indien jy ongehoorsaam is sal jou masjiene oorskakel na ligter werking of selfs afskakel.

Daarom dat ek vandga so opgewonde is. Ek voel ek is gereed vir die aanslag op die Argus en weet dat ek onder die eerste tien kan eindig. Ek het hard geoefen, gesond geëet en voel verstandelik skerp. Ek het darem so in die eerste honderd weggespring en het alreeds ‘n hele  klompie aanspraakmakers wat voor my was, die hakskene gewys.

Op die skerm kan ek sien ek lê nou baie gunstig in die 31ste plek hier rondom die halfpad merk. Hartklop-, asemhaling- en hidrasiemeters lê almal in die groen-geel. Sal nog so ‘n bietjie kat-en-muis speel en dan... wie weet! Miskien kan ek selfs die ‘tien’ afkap van die ‘eerste-tien’ en met die louere wegry. Ek begin drome droom en visioene sien. Maar toe gebeur dit!

Ek het net vir ‘n oomblik agtertoe gekyk toe die ryer teen wie se agterwiel ek gejaag het swik en val. Daar was geen manier hoe ek hom kon ontwyk nie.

Die ligte rondom my het uitgedoof en die sirene van ‘n ambulans het verlangs my onderbewussyn gemartel. Ek het eers na ‘n tyd uit my beswyming gekom en gewonder waar ek was.

Ek was terug in my ou oefenkamer. Die djim het soos ‘n djin verwyn. Die ou waaiertjie het gaan staan en dit was bedompig warm.

Ek het vooroor op die fiets se handvatsels gelê. Moes seker maar ingedut het van die eentonige getrap-trap-trap.

Maar ag nou ja, ‘n mens mag maar seker die kille werklikheid inkleur met ‘n bietjie droom? Of wat praat ek alles! 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

1 menings 129 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

8 menings 281 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

4 menings 707 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 801 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

1 menings 195 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

18 menings 439 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.