Oor Facebook...
Ek dink Facebook is besig om mense se interaksie te kelder.
Niemand kom kuier meer vir jou en kyk jou albums deur of kom net oor vir koffie nie. Niemand bel jou meer op jou verjaarsdag nie, maar stuur jou ’n boodskap of Facebook.
Mense weet nie hoe om meer te kommunikeer met mekaar aangesig tot aangesig nie.
Ek het nou die dag gesien hoe twee kinders mekaar Facebook en BBM (BlackBerry Messenger) terwyl hulle in dieselfde kamer sit.
Die wêreld is ’n baie slegter plek vandat Facebook begin het. En ook vir maatskappye waar werknemers die helfte van hulle dag op hulle fone is en nuttelose status updates maak.
GESELS SAAM: Het jy ’n Facebook-profiel of stel jy nie daarin belang nie? Deel jou mening hier of laai dit hier.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.