Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Jan Twak
 
Menings: 16
Artikels gelees: 298
 
 
Jongste kentekens:

 
Sien al Jan Twak se kentekens.
 

Ek wonder...

01 November 2012, 15:19

Daar is min soorte mense wat deesdae hul vuurwapens stewiger en meer gereed vashou as ’n transito-veiligheidswag in Suid-Afrika.

Een van daai min soorte mense is ’n pa met ’n mooi veertienjarige dogter. Met ons staatshoof as rolmodel en gratis kondome by skole is daar ’n klimaat geskep waar hiënas na ’n gratis spitbraai genooi word. Ek loop met my gewere oorgehaal en bejeën elke lid van die menslike spesie, wat net lyk of hy in die besit van ’n penis is, met besonderse suspisie en gereedheid. 

Veral as jou veertienjarige meer soos ’n agtienjarige lyk en nou al ’n jaar lank kop en skouers bo haar ma uittroon. Vrydae is dit erger as hulle uitgaandrag by die skool moet dra. Dan is dit bloes, skirt en sykouse. Sykouse!? Vir ’n veertienjarige, standerd sessie! 

Demit, toe ek veertien was, was my uitgaandrag ’n vuil Adidas-rugbybroekie om mee te gaan kleilat speel.

So laai ek nou die dag vars patrone in my gewere toe ek hoor Elize het gaan koffie drink by ’n seun. Die seun is in matriek en die gevaarligte blits soos ’n disko in my kop. Ek meen ek was mos sélf ’n matriekseun gewees. Ek weet mos waaraan dink die goed van direk na ontbyt tot kort duskant slapenstyd. En dis beslis nie koffie-drink nie! 

My gemoed kalmeer effens toe ek hoor dit was by Marius Verwey. Ek hou nogal van die seun. Ek het eenmaal tydens skolerugby langs die veld gestaan toe hy met ’n rooikaart van die veld gejaag is. Dit was vir ’n gevaarlike têkkel op ’n opponent van omtrent twee keer sy grootte.

In my boekies sê dit nogal iets van ’n mens. En toe Marius na die afstuur langs my op sy knieë sak en sy frustrasie uithuil met ’n "bliksem, bliksem, bliksem, hoe kon ek so stupid wees?" het my hart nogal ’n sagte plekkie vir die seun gekry. Nóg ’n paar punte in mý boekie. Ek meen die seun het duidelik besef hy het ’n fout gemaak en was jammer daaroor. Ek meen as jy ’n ou só wil têkkel, moet jy dit doen sodat die ref jou nie kan sien nie.

Dus ignoreer ek maar die koffie-drink voorval en maak nie te veel van ’n ophef nie. Ek kén ook mos nou al ’n tiener. Hulle wil en sal altyd die teenoorgestelde doen van wat jy sê. Netnou wil sy by die ou gaan tee drink.

So werk ek nou die dag deurnag aan ’n videoprojek wat dringend moes klaarkom. Hier by vyfuur die oggend raak ek uit twak uit en ry vinnig garage toe om weer in besit van ’n paar sigarette te kom.  Ek kry vir Marius op my pad. Dit is nog blouskemer en die son lyk traag in sy besluit om op te kom om die koue weer te trotseer. Marius dra ’n massiewe pakkasie. My eerste gedagte is:  "Ja bliksem waar het jy nóú oorgeslaap dat jy dié tyd van die oggend eers huis toe loop!"

Ek stop by Marius en verneem na sy vroeë oggend-aktiwiteite. 

"Ek lewer koerante af Oom," sê hy half skaam.

Ek bekyk die pakkasie wat hy dra van naderby. Dit is ’n massiewe stapel Volksblaaie. En ék voel skielik skaam. Om vyfuur die oggend in ysige koue, koerante af te lewer en dan nog reg te maak vir jou eindeksamen, sê nogal iets van ’n mens. In my boeke selfs meer as om ’n groter ou as jy, te têkkel. 

En ek sit en wonder toe ek wegry. Ek wonder oor ons vooropgestelde persepsies. Oor die stereotipes wat ons self geskep het. Miskien is my dogter veiliger by ’n matriekseun wat koerante aflewer as by ’n standerd sessie met ’n broek vol planne. 

Ek wonder. Miskien moet ek nóg ’n geweer bykoop. 

Ek wonder.   

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 236 keer gelees
Gelaai deur
Alicia
‘Ek was amper bokveld toe…’

Haar motor het tot ‘n rukkende stilstand gekom. Toe belsuit sy om die treinspoor te volg en hulp te soek... Lees meer...

0 menings 840 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Moet nie ander afjak

Elke dag is ’n stryd om liggaam en siel bymekaar te hou. So moenie mense afjak, jy weet nie watse paadjie daai persoon moes loop nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 545 keer gelees
Gelaai deur
Sergio Bowkers
‘Wees meer verantwoordelik’

Die lewensgehalte word verhoog en geldsake hou nie by met die vinnig groeiende verhoogde lewensstandaarde, skryf ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

0 menings 190 keer gelees
Gelaai deur
KatrinaO
My keuse

’n Leser wonder hoekom ateïste so maklik en vinnig Christene aanval, verkleineer of verkeerd probeer bewys. Wat het geword van wedersydse respek? Lees meer...

0 menings 858 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor name, vanne, diere en dorpe

Daar skuil báie agter ’n naam. Veral as jy ’n Afrikaner in Engeland is, skryf ’n Nuus24-gebruiker Lees meer...

0 menings 808 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.