Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Hannes du Preez
 
Menings: 18
Artikels gelees: 1674
 
 
Jongste kentekens:


 
Sien al Hannes du Preez se kentekens.
 

‘Ek ken ‘n meisie’

14 February 2013, 12:18

Ek ken ‘n meisie. Haar naam is Katrien. Jonk, elf-jaar oud, sproetgesiggie en dwergie-oortjies.

Ek en my vrou is al dekades vriende met haar ouers. Sy het sussies ook. Een ouer sussie (Marietjie) – ek het iewers gehoor sy het al begin rook en eksperimenteer met seuns; sy is vyftien! Katrien se jonger sussie (Annie) is skaars agt maande oud – sy was ‘n laatlammetjie.

Omrede ons vriendekring redelik ver van mekaar af bly het ons elke maand darem een keer by mekaar probeer uit kom. Ek en Gawie was vrinne sedert laerskool, ek ken my vrou sedert laerskool en Gawie se vrou ken ons ook al redelik lank. So, ons was ‘n hegte vriende kringetjie.

Hierdie betrokke maand was dit ek en my vroutjie se beurt om die klein “Get-together” te reël. Ek het seker gemaak dat daar genoegsame vleis en wors en houtskool was. My vrou het seker gemaak dat daar genoeg drankies sou wees. Dis mos altyd lekker om langs die vuur te sit en ‘n drankie of twee te geniet.

Ons gaste het soos gewoonlik op skedule gearriveer, en my kole was al klaar reg. Blameer dit maar op my O. C. D. maar ek wil altyd gereed wees. Daar is ook altyd ‘n plan-B.

Hulle het met hulle minibus ingetrek. Mammie en pappie voor en die drie kindertjies agter. Die tafel en stoele was ook soos gewoonlik op dieselfde plek en nadat almal se drankies en ekstra eetgoedjies ingedra was, kon ons almal buite sit. Dit was ‘n mooi dag. Die lug was blou en daar was nie ‘n wolk in sig nie, daar was ook so effense koel windjie.

Ons het gepraat oor allerhande ditjies en datjies. Goeie ou tye op skool en na skool. Werk. Kinders. Rugby, krieket sokker en gholf. Dis altyd lekker as jy en jou vriende op dieselfde golflengte is!

My vrou en Gawie se vrou (Anna) het kombuis toe gegaan en die slaaie begin voorberei. Ek het pas die eerste sarsie vleis op die gloeiende kole gesit. Gawie het gou “kamer verlaat”. My gedagtes kon nie help om te wonder oor hoe perfek ons lewens uit gedraai het nie, ook al was dinge hoe moeilik soms. Dit was perfek (goed genoeg vir ons). Ek  hoor van die meisies speel en ek teug lekker aan my biertjie.

Tyd het aangebreek om die vleisies vir die eerste maal om te draai. Waar draai Gawie? Wonder ek vinnig en konsentreer om die speserye presies reg op die vleis te kry.

‘n Goeie vyftien minute het al intussen verby gegaan en die musiek het gestop. Met ‘n vinnige laaste ogie op die vleis hardloop ek in die huis in en ruil die CDs om. Musiek was weer aan die gang, lekker!

Soos ek uit die sitkamer uit gekom het, beweeg Gawie uit die gang uit. Hy het ‘n glimlag op sy gesig gehad. Ek kon nie help nie en vra hom toe:

“So, het jy van my vergeet? Jy het pligte barman!”

“Nee jong, seker maar ‘n maagvirus wat die rondte doen.”

Dit daar gelaat.

Na so vyf minute het ek vir Katrien’tjie gesien uit die sitkamer uit beweeg. Sy het nie haar gewone glimlaggie en sprankelende ogies saamgebring nie. Dit was vreemd want nou-nou was sy haar borrelrige self.

Gawie het gesien dat ek vir Katrien agterna kyk, waarop hy antwoord :

“Jong, sy kan maar dikbek wees, maar straf is straf!”

Dit daar gelaat.

Die res van die laatmiddag en aand was fantasties, soos altyd! Voor ons ons oë kon uitvee was die tyd ongelukkig verby, en hulle moes weer huiswaarts keer. Katrien was nogsteeds “dikbek”

Snaaks, ek dink dit was die laaste keer wat hulle by ons kom kuier het. Ek en my vroutjie dink snaaks genoeg nou net daaraan. Ons het lanklaas van hulle gehoor...

Tien jaar later

Op ‘n dag het ek en vroulief besluit om kruideniersware te gaan koop. In die middel van die winkel loop ons vir Anna raak.

“Sjoe, dis ‘n verrassing!”

“Hi julle, gaan dit goed?”

Sy het nie so mooi gelyk soos altyd nie, om eerlik te wees, sy was slordig aangetrek en het nie eers moeite gedoen om grimmering aan te sit nie. Dit was vreemd, want gewoonlik kon jy haar deur ‘n ring trek!

“Ag ja, jy weet mos, die lewe is ‘n snaakse ding. Op en dan af. Ons wag nou weer om op te gaan.” Sê ek so vriendelik soos altyd.

“Gawie? Kinders seker al mooi groot?”

“Jong, jy wil nie weet nie! Wil ook eintlik nie daaroor praat nie.” Haar gesig het verstar en haar stemtoon het gesak – daar was fout.

Katrien het selfmoord gepleeg drie maande terug.

Ek gooi amper die stootwaentjie om.

“Ja, Gawie het haar verkrag. Gereeld. Marietjie ook.”

Stilte.

“Gawie het verdwyn. Die polisie soek hom – nie dat dit enigsins sal help nie! Die lae luis! Weet julle hoe vind ek uit? Die selfmoordbrief langs haar bed waar sy haar polse afgesny het! So! Sy kon nie eers met my praat nie! As ek net geweet het! Ek het geweet daar was fout, maar dit?” Haar woede was tasbaar.

Stilte.

Nie lank daarna het ons maar ons verskillende rigtings inbeweeg, en ek dink terug na daardie aand by my huis, toe hulle die laaste keer by ons gekuier het. Hoe kon ek nie weet wat aan die gang was nie? Wie sou kon raai dat Gawie, my beste tjom vandat ons pikkies was, so ‘n monster kon wees?

Hoe kan ek nou met myself saamleef. Ek moes geweet het! Ek het ‘n meisie geken. Haar naam was Katrien…

PS. Hierdie storie is fiktief.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

0 menings 1 keer gelees
Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

0 menings 258 keer gelees
Gelaai deur
Bets Kotze
Sinnelose advertensie

’n Advertensie oor ID-sekerheid is net ’n mors van belastingbetalers se geld, skryf ’n Nuus24-gebruiker. Lees meer...

0 menings 509 keer gelees
Gelaai deur
Vlaminqk
Die gelykenis van Elfrieda en die...

Elfrieda het ‘n vonk in hierdie boer se hart laat ontvlam, maar as haar pragtige liefdevolle hart maar net nie so ruim was nie... Lees meer...

0 menings 745 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om tegnies gestremd te wees...

Luister wanneer jou vrou praat en jou net wil help, jy sal baie geldjies spaar, skryf ’n Nuus24-leser. Lees meer...

0 menings 630 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 635 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Business Intelligence BI

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

CRM Developer

Cape Town CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.