Die doodstraf sal menigte in hul spore laat trap.
As jy kan moor of verkrag kan jy die doodstraf kry, dit is hoe ek voel. Hoe kan jy 'n lewe neem en weg kom (soms as gevolg van te min bewyse) waar is die menseregte in die saak?
Ons het die reg om te kan leef sonder enige vrees. Jare terug het ons met oop vensters en deure geslaap. Ons kon kommerloos in die strate gaan stap het.
Vandag lewe ons in huise wat soos 'n tronk voel. Solank die ministers veilig is, met wagte slaap hulle lekker. Hoekom nie die doodstraf in bring nie want wie gaan dan vir die ANC stem solank hulle hef in die hand en land het.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.