Insake: Doodstraf.
Die doodstraf sal definitief ’n oplossing vir die land se misdaadprobleem wees.
Almal weet hulle kan maar moor en verkrag want hulle sit net 'n paar jaar van lekker lewe met lekker eet, TV ens. dan verjaar sekere mense en word hul weer vrygestel.
Hoekom kan daar nie werlike statistieke deur betroubare persone opgestel word as bewys van hoeveel mense wat uitkom pleeg weer dieselfde misdaad?
Dalk sal dit die wat so teen die doodstraf is se ogies oopmaak. Tot in die Bybel sê dit “'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.
Waaroor moet ons omgee vir die kriminele, ongeag watter kleur hul is, se menseregte? Hulle het nie omgegee vir die wie hulle so wreed vermoor of verkrag het nie.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.