Net as mens dink die skandale van politici kan jou nie meer verbaas nie, dan gebeur die volgende ding.
Die berig oor oudpres. Nelson Mandela wat Jacob Zuma gehelp het met sy skuld, het my vandag verskeie kere laat skrik. Hoe kan mense dit doen sonder dat enigeen iets agter kom.
Die bewyse is geheim gehou toe die vervolgingsgesag die saak teen hom laat vaar het, en die Skerpioene is ontbind om 'n papierspoor te laat verdwyn.
Mense wat verkies is om die mense van die land te dien, moet hulle geensins skuldig maak aan sulke gedrag nie, maar hulle doen dit ongelukkig.
Dit terwyl honderde mense, wat in elke verkiesing vir hulle stem, krepeer van armoede.
Dis ‘n skande.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.