Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
barben666
 
Menings: 18
Artikels gelees: 973
 
 
Jongste kentekens:



 
Sien al barben666 se kentekens.
 

Die sage van die lam, die wolf en díé Lam

10 January 2013, 08:59

Eendag was daar ‘n moordlustige lam,

‘n kind van die Satan met die naam Saddam.

Hy het dors gekry,

na ‘n stroom gery,

die stroom het uit ‘n doringbos ontstam.

In die bos het die Duiwel se wolf gebly.

Hy het daarvan gehou om met almal te stry.

Hy’t na die stroom gehaas,

neem bo die lam plaas.

Verwoed trap hy modder – hy’t gesmaak vir baklei.

“Ek het sommer lus en maak jou dood.

Kyk hoe bemors jy die water met jou poot.

Ek is George van die Bos

en lam is my kos!

Ek sal jou vreet van die wal tot in die sloot.”

Verskrik het die lam geblêr en gemis:

“Asseblief meneer wolf, ek was nie aspris.

Ek beloof om nooit weer

u stroom te versteur,

solank u net nooit sê u is vir my lus.”

“Nou goed”, sê die wolf, “maar ek het gehoor

dat jy wapens van massa-vernietiging stoor.

Ek sê jou, jou vloek,

ek sal kom ondersoek

en is dit waar, sal ek jou persoonlik vermoor.”

Die lam stal sy mooiste grynslag uit

om te kyk of hy die wolf se agressie kan stuit:

“Ek het tóg my leuse:

ek moor net Irakese.

Ek los ‘n American en ‘n Twenty-eight.

Die bietjie gifgas waarna u soek

is skaars genoeg vir die Koerdiese vloek

en my ander vyande.

Dis regtig ‘n skande

Soos hulle my naam wil vee uit die Boek.”

Toe het George die lam kwaai aangegluur

en die lam trippel rond – dag dis sy laaste uur.

“Ek het nog een vraag

en durf jy dit waag

om my op enige dwaalspoor te stuur!

My Christen raadgewers sê ek moet vis

of jy dalk die wrede Antichris is.

Kan jy dit weerlê

of iets daaroor sê?

Want ‘n ‘ja’ is ‘n spyker in jou doodskis gewis.”

“O my agbare wolf ek staan verstom.

Hoe’t u tot so ‘n gevolgtrekking gekom?

Ek pleit onskuldig

en voel selfs beledig,

maar ek wil tog weet hoe maak u die som.”

“Irak is historiese Babilon.

Sy koning die een wat sal kom, sê my bron.

Hy’s die Antichris,

die groot herrie-vis,

gemorskos vir ‘n geallieerde kanon.”

Die lam skrik groot en word koud soos ys.

Die wolf het hom blykbaar as teiken gelys.

Met verslane verweer

en gemesmeriseer

sug hy: “Your Honour, I rest my case.”

Ter versagting het die lam vir oulaas gesê:

“Ek het gehoor dat die Groot Boek wil hê

dat die wolf

en die lam

vreedsaam en vreetsaam langs mekaar kom lê.”

Sy stem het van rou emosie gebreek,

maar die wolf se ore was toe vir sy preek.

Hy is terug na die bos

met ‘n belofte van kos

aan sy pitbulls waarmee hy hom sou wreek.

Hy laat kom vir Colin sy hoof vegminister

en beveel hom: “Skryf ‘n WMV register.

Maak die pap dik aan

dat ons op vaste grond staan,

maar maak gou! Die saak is so dringend soos gister.”

Die Skrif is toe voor die VN gelê

en nog lank voordat jy ‘mes’ kon sê

is dit goedgekeur,

sonder veel verweer

en George het gehad wat hy wou hê.

 Gou-gou was die wolf se oorlog in rat.

Irak het ontplof soos ‘n reuse krytvat.

Oues en kinders

vroue en vegters

se bloed het in Bagdad se strate gespat.

Ook nie lank nie of die regime val plat.

Op die stadsplein sien ‘n lamsbeeld sy wat.

Die lam was geskaak

uit die voete gemaak

en gaan wegkruip in ‘n slangvriend se gat.

Maar ‘n vet losprys het hom uitgewys.

Die mees gesoekte geskrap van die lys.

‘n Ou man gebroke,

moeg maar ontstoke,

het uit daardie donker kelder verrys.

Hy was gedaag voor die wolf se regter.

Het gepleit vir een koeël deur kerk en vegter:

“Laat sak tog my son

voor ‘n vuurpeloton?”

Maar ‘n galg was die lam versus wolf beslegter.

Die wolf en sy makkers was in ekstase.

Die lammers se bloed was ‘n oase.

‘n Reuse banier

verklaar hul plesier:

Mission Accomplished, wys wie is die base.

Maar Iemand hou die gebeure stil dop.

Die wêreld was weereens lekker gefop.

Want voor ‘n TeeVee

wag díé Lam gedwee

dat die tydslot oopskuif, want dan staan hy op.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

0 menings 407 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

1 menings 143 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

16 menings 369 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 945 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Stormers se selfgeskepte nagmerri...

Die feit dat Allister Coetzee te versigtig is om harde besluite te neem, kan sy ondergang beteken, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 509 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

5 menings 214 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.