Ek hoor in die liedjie van Cliff Richard: "Christmas Time... time to rejoice in the good that we see."
Toe dink ek dat dit wonderlik sal wees as nuuswebtuistes of enige koerant, in die laaste koerant voor Kersfees, net goeie nuus publiseer.
Nuus oor mense en diere en dinge wat goed en mooi is, of om die positiewe in die slegte te sien.
Dis nogal 'n groot kopskuif om te maak om die mooi in iets te vind.
Die goeie in die regering, die polisie, die boere, die immigrante, jou wederhelf, jou skoonfamilie en jou vriend of vyand.
DEEL JOU MENING: Hoe voel jy oor dié skrywer se idee dat koerante of nuuswebtuistes van net goeie nuus publiseer voor Kersfees? Deel jou mening hier.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.