Is dit nie tyd vir ’n nuwe afrigter vir die Blitsbokke nie?
En toe stel die Blitsbokke vir sy tuisskare lelik teleur en dit na nog ‘n slegter vertoning twee weke gelede in Doebai. Dit is voorafgegaan met ‘n middelmatige, treurige vorige seisoen.
Wat egter verbasend is van ons gerespekteerde sportkorrespondente en kundiges, is dat geen kritiek voor die deur gelê word van die afrigter Paul Treu nie.
Indien dit nou ‘n 15-man rugbyafrigter sou gewees het wat sulke swak resultate getoon het, sou alle sportskrywers hom gekritiseer het en sy kop geëis het en met sokker sou hy nog afgedank gewees het voordat die eindfluitjie geblaas het.
So briljant as wat die Blitsbokke met tye kan speel, net so swak kan hulle soms speel. Hul verdediging was pateties in die PE-toernooi. Amper die wedstryd teen die VSA verloor omdat hulle geen patroon in goeie verdediging gehad het nie.
Selfs ‘n opwindende en uitstekende spelskepper soos Cecil Africa, met sy swak verdedigingsblapse, was die grootste sondaar gewees, dat die wedstryd teen die All Blacks verloor is.
Paul Treu moet sy sokkies optrek en mans genoeg wees om van die blaam te vat vir sy span se teleurstellende vertonings.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.